De Lange, Johannes Lodewyk

 

Gebore

26 Aug. 1902

OORLEDE

16 Sept. 1948

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

ORDEN

STANDPLASE

EMIRITEER

Hy is gebore op 26 Augustus1902. Na sy opIeiding aan die Sending-Instituut is hy aan die einde van 1931 gelegitimeer. In 1932 het hy na die Soedan vertrek waar hy sy lewenstaak verrig het. Van hom kan getuig word dat hy sy roeping in die gees van opregte toegewydheid vervul het. Met pligsgetrouheid en volharding het, hy alles beetgepak en uitgevoer. Daar hy ‘n besondere sIag met kinders gehad het, het hy groot invloed op die gebied uitgeoefen. Hy was ook ‘n kenner van die taal van die volk en dit het hom in staat gestel om die volk beter te verstaan en met takt op te tree. Weens sy minsame geaardheid het hy almal tot hom getrek. Hy het groot dinge in die Soedan verrig en die ewigheid alleen sal openbaar tot hoeveel seën hy daar was. As gevolg van ‘n ongeluk is hy op 16 September 1948 oorlede. (Jaarboek )