Gebore
30 Aug. 1956
OORLEDE
19 Jun. 1986
UNIVERSITEIT
1982, BTh 1981, LisTeol 1982
gelegitimeer
–
ORDEN
–
STANDPLASE
–
EMIRITEER
–
Die jongste van die leraars wat in die afgelope jaar oorlede is, was nog nie 30 jaar oud nie toe hy na twee jaar diensplig in die SA Polisie op Middelburg, Tvl. – waar hy ook in die gemeente Middelburg-Kanonkop behulpsaam was – en ‘n dienstyd van minder as anderhalfjaar in sy eerste gemeente, Carolina (12 Jan. 1985 bevestig); in ‘n Pretoriase kliniek aan ‘n kwaadaardige breingewas sterf. Op Klerksdorp gebore, bring hy sy skooljare aan die Orkney-Hoërskool deur waar hy in 1973 matrikuleer. Met ‘n BA-Admissiegraad van die Potchefstroomse Universiteit, sit hy sy studie op Stellenbosch voort. Daar vorder hy in 1981 tot B Th en die volgende jaar word hy gelegitimeer. Terwyl hy gedurende sy studiejare vakansiewerk by die uraanaanleg by die Vaal Reefmyn verrig, verwerf hy ook die Tegniese Amptenaarsertifikaat. Hy was ‘n baie talentvolle mens wat gedig, gesing, verskeie musiekinstrumente bespeel, houtwerk gedoen en geskilder het. Omdat hy innemend, hartlik en gesellig van aard was, kon hy maklik met mense omgaan en ook met andere saamwerk.