Gebore
30 Des. 1896
OORLEDE
29 Mei 1953
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1924
ORDEN
1930
STANDPLASE
Dowe Inst., Worcester
EMIRITEER
–
Dr. Gabriël de Vos de la Bat is in 1896 te Worcester gebore. Sy vader was toe reeds hoof van die Instituut vir Dowes. Hy is as predikant opgelei en in 1924 gelegitimeer. Reeds in 1927 het hy sy vader as hoof van die Instituut opgevolg en tot sy dood op 29 Mei 1953 al sy talente en krag gewy aan hierdie belangrike inrigting. Gedurende die sewentig jaar wat sy vader en hy die leiding van die Instituut behartig het, het dit ontwikkel tot sieraad vir ons Kerk en word dit as een van die allerbeste skole vir dowes in die hele wêreld beskou. Dr. De Ia Bat self is selfs in die buiteland as ‘n groot en gesaghebbende kenner en leier op die gebied van die onderrig van dowes geëer. (Jaarboek).
Sy dogter Ryne, wat in 1932 op Worcester gebore is, het bekend geraak as die Fluitende Predikantsvrou. Haar man, ds. Gys de Beer, was ‘n NG predikant. Dié egpaar se dogter, Dorette, is ook met ‘n predikant getroud, ds. Schalk Kotze.