Gebore
07 Nov. 1912
OORLEDE
16 Sept. 1990
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1936
ORDEN
1937
STANDPLASE
1937 Rhodesië
Magwero–Tamanda
1948 Merwe
1951 Odendaalsrus
1961 Harrismith
1966 Daniëlskuil
EMIRITEER
–
Ds David Matthys Christoffel De Koker 07 Nov. 1912 – 16 Sept. 1990
HY is op 7 November 1912 op Potchefstroom gebore. Sy ouers het op Middelburg in die Kaap gewoon. Hy word egter groot-gemaak deur sy tante en haar man, mnr en mev Louis Kleynhans van die Kuruman-distrik. Hy gaan na die bekende Seodinskool op Kuruman en matrikuleer daar.
Hy studeer aan die Sendinginstituut op Wellington en word in 1936 gelegitimeer. Daarna gaan by saam met onder andere dr JM Cronje na Engeland vir ‘n jaar om ‘n eenvoudige kursusin medisyne te deurloop voordat hulle albei na die destydse Noord- Rhodesiese sending van die Vrystaatse kerk vertrek. Daar leer by ook, die goeie sendeling wat by was, die taal van die mense wat hy bedien het, aan.
Sy eerste gemeente in die ou Rhodesie, is Magwero-Tamada waar by in 1937 begin. Hy word op Madzimoyo georden. In 1948 aanvaar hy ‘n beroep na die gemeente Merwe. Vanaf 1951 bedien by die sendinggemeente-kombinasie van Odendaalsrus, Henneman, Welkom en Virginia. In 1961 gaan hy na Harrismith en sy laaste gemeente is Danielskuil, waar by gelyktydig ook die gemeente van die Ned Geref Kerk in Afrika bedien.
Hy is op 17 Mei 1939 op Deben getroud met Louise Margaretha van der Westhuizen en hulle het drie seuns, naamlik Louis, Charles en Thys. Daar is reeds agt kleinkinders.
Hy aanvaar sy emeritaat in 1977 en hulle gaan vestig hulle op Kuruman, maar verhuis later na hulle seun Louis in Murrayfield, Pretoria. Kort daama gaan hulle na Ebenhaeser, ‘n huis vir bejaardes, waar by oorlede is op 16 September 1990 en sy vrou later op 1 Julie 1997.
Hy was ‘n man van staal en by uitstek ‘n toegewyde sendeling. Hy was baie getrou en stiptelik in sy werk. Hoewel by stil en ernstig van geaardheid was, was by tog ook ‘n platjie wat baie lekker met sy kinders kon skoor en, as ‘n goeie pa, ‘n mooi verhouding met hulle gehad het. Ons bring hulde aan ‘n dienskneg van die Here wat sonder groot ophef getroue en vrugbare diens gelewer het. – (DJ Viljoen, op versoek, en aan die hand van gegewens voorsien deur ds CR Kok, dr JM Cronje en Louis de Koker.) (Jaarboek ).