
Gebore
26 Okt. 1895
OORLEDE
28 Aug. 1963
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1923
ORDEN
1924
STANDPLASE
Springs
1929 Odendaalsrus
1954 Organiserende Sendingsekretaris en Arbeider onder die Jode in O.V.S.
EMIRITEER
–
Ds. William Russell de Kock is op 26 Oktober 1895 in Kaapstad gebore en het in Rondebosch grootgeword. Nadat hy in 1923 sy teologiese studies op Stellenbosch voltooi het, het hy in 1924 sy eerste beroep na Springs aangeneem. Van 1929 tot 1954 het hy die gemeente Odendalsrust bedien. Hy het intens in sendingwerk belang gestel, en was bekend as ‘n baanbreker van sending-ontwikkeling op die Vrystaatse Goudveld. ln 1954 is hy as Organiserende Sendingsekretaris op die Vrystaatse Goudveld. ln 1954 is hy as Organiserende Sendingsekretaris van die N.G. Kerk in die Vrystaat aangestel, in watter hoedanigheid hy oor die hele land bekendheid verwerf het. Hy is op 28 Augustus1963 oorlede in die ouderdom van 67 jaar. (Jaarboek ).