
Gebore
12 Jan. 1894
OORLEDE
6 Jun. 1970
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1918
ORDEN
1919
STANDPLASE
Caledon (Hulpprediker.)
1920 Caledon
1925 Malopo
1929 Hartsrivier
EMIRITEER
1962
Nicolaas Everhardusde Kock is op 12 Januarie 1894 op Philadelphia KP., gebore, en is in 1918 gelegitimeer. Hy het eers as hulpprediker en toe as vaste leraar die gemeente Caledon bedien, totdat hy in 1925 ‘n beroep na Malopo aangeneem het. Vier jaar later is hy na Sannieshof (destyds Hartsrivier) waar hy gesaan het tot sy emeritaat in 1962. Hy het die sending op die hart gedra, en veel gedoen om sendingywer te wek in die gemeentes en ringe waar hy hom bevind het. Hy was ‘n harde werker en knap organiseerder; daarby was hy baie ernstige prediker. Hy is op 6 Junie 1970 in die onderdom van 76 jaar oorlede. (Jaarboek 1971/484).