Gebore
4 Sept. 1874
OORLEDE
6 Jan. 1946
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1915
ORDEN
1916
STANDPLASE
1926 Marydale
1929 Verkeerdevlei
EMIRITEER
1931
Ds. Frederik Johannes Potgieter de Kock is ‘n seun van Beaufort-Wes alwaar hy op 4 September 1874 gebore is. Eers op gevorderde leeftyd het hy hom tot die evangeliebediening geroepe gevoel. Sy teologiese opleiding het hy aan die Kweekskool te Stellenbosch ontvang en hy is aan die einde van 1915 gelegitimeer. Sy eerste gemeente was De Hoop alwaar hy op 19 Desember 1916 georden en bevestig is. Hier het hy nege jaar lank met groot toegewydheid en getrouheid gearbei. Aan die begin van 1926 is hy te Marydale bevestig. Ook hier het hy hom heelhartig aan die diens van sy Meester gewy. Die bediening was egter korter as in sy eerste gemeente want na drie en ‘n half jaar het hy hom ‘n beroep na Verkeerdevlei laat welgeval om aldaar in Augustus1929 sy dienswerk te begin. Weens gesondheidsredes moes hy in 1931 na ‘n bediening van twee jaar in sy laaste gemeente sy emeritaat aanvra. Van hom kan getuig word dat hy hom ten volle gegee het aan die werk in sy gemeentes. In die werksaamhede van die Kerk het hy Iewendig belanggestel en medebroeders het hy altyd bemoedig. Hy is op 6 Januarie 1946 te Pretoria oorlede. (Jaarboek ).