Gebore
12 Aug. 1927
OORLEDE
3 Sept. 2012
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1964
ORDEN
1965
STANDPLASE
1965 Cofimvaba
1966 Ncora-Werkkring
1970 Lady Frere
1972 Ntabazolundi
1980 Alexandria
1986 Ngqushwa
EMIRITEER
1992
Ds Schalk De Klerk (Spes Diploma) 12 Augustus1927 – 3 September 2012
Schalk JacobusPetrusde Klerk is op 12 Augustus1927 op Nabageis in Namibië gebore. Hy dra die naam van sy vader, wat die Here as boer dien, terwyl sy moeder, Johanna Fourie, ‘n huisvrou is. Schalk begin sy skoolopleiding in 1936 aan die Laerskool Leonardville en sit dit later op Aranos voort. Nog later gaan hy op Mariental skool, en op Otj iwarongo waar hy in 1957 matrikuleer. Hy geniet die veeboerdery en maak graag tuin; boerdery is vir hom ‘n groot passie.
Maar hy is gehoorsaam toe die Here hom na sy bekering op 20-jarige ouderdom roep om ‘n sendeling te word. Hy keer op 26-jarige leeftyd terug skool toe en sit skouer aan die wiel, totdat hy matrikuleer. In 1958 vertrek hy na Stellenbosch, ywerig om sy studies te voltooi. Hy verkoop alles wat hy besit om sonder skuld te studeer.
Die vier jaar aan die Kweekskool op Stellenbosch is besonders en hy word aan die einde van 1964 as proponent in die NG Moederkerk op Stellenbosch gelegitimeer. Hy neem aktief aan sendingwerk op Stellenbosch deel en hy is betrokke by verskeie uitreike wat in diè omgewing plaasvind. Hierna loop sy pad na die Ciskei/Transkei en omgewing waar hy ‘n leeftyd lank die Woord met ywer verkondig. Op 21 April 1965 word hy sendeling op Ncora; en op 24 Junie 1969 op Lady Frere. En in die winter van 1972 verhuis hy na die dorpie Ntabazolundi (Elliot) en aan die begin van 1980 na Alexandria. Na ses jaar verhuis hy na Peddie Nagushina (Peddie); waar hy werk tot met sy aftrede op 3 Mei 1992.
Schalk is op 21 Julie 1962 met Jeanette van Niekerk getroud, en uit die huwelik is daar drie dogters gebore: Glaudina, Annatjie en Jacoba. Laasgenoemde het op George gebly en het haar ouers tot die einde toe emosioneel bygestaan. Ds Schalk de Klerk sterfop 3 September 2012. Dr Gerdrie van der Merwe VDM (Jaarboek ).