Gebore
24 Jan. 1905
OORLEDE
14 Aug. 1989
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1333
ORDEN
1935
STANDPLASE
1935 Ceres (Hpr.)
1939 Reivilo
1943 Calitzdorp
1946. Groot-Brakrivier
1949 Die Strand
1952 Bethulie
1960 Worcester
1966 Molteno
EMIRITEER
–
Ds Johan Nicolaas Wilhelm De Jager (24 Jan. 1905-14 Aug. 1989)
Hy is op 14 Augustus1989 in die ouderdom van 84 jaar oorlede. Willie de Jager is op 24 Januarie 1905 gebore en het in 1933 sy teologiese studie op Stellenbosch voltooi. Hy het ‘n geseënde bediening gehad en vyf en dertig jaar lank getroue diens gelewer, maar vanweë verswakte gesondheid was hy verplig om op mediese advies die tuig op 8 Desember 1968 in Molteno neer te lê. Daarna het hy hom in die Strand gevestig. Hierdie pastoriepaar het in die moeilike jare dertig midde-in droogte en depressie tot die bediening toegetree. Hulle het vir £10 per maand (Windhoek) en £15 (Somerset-Wes) begin, wat skaars hulle losies kon betaal. Maar Hy wat roep, is getrou. Mettertyd is die deur geopen na die gemeente Reivilo (1939) en beter dae het begin aanbreek. Die altyd gewillige dienskneg van die Here het volhardend die pad gevolg waar die Meester geroep het. ‘n Verskeidenheid gemeentes het hom beroep en na Reivilo het oom Willie die gemeentes Calitzdorp (1943-49); Die Strand (1949-52); Bethulie (1952- 60); Worcester (1960-66) en Molteno (1966-68) bedien. In die gemeente Ceres was ds De Jager ook hulpprediker in die jare 1935 tot 1939. Op Worcester het hy diep spore getrap. Die moederkerk is onder sy leiding gerestoureer en die koshuis vir die Seminarium gebou, terwyl hy ook as voorsitter van die Sinodale Kommissie vir Dowes en Blindes gedien het. Hy is op Woensdag, 16 Augustus1989, uit die gemeente Suider-Strand begrawe en in die Stellenbosch-begraafplaas ter ruste gelê. Hy laat sy vrou, Hilda, en twee dogters met hulle gesinne agter. (Jaarboek ).