De Jager, Hermanus Wilhelm

 

Gebore

12 Mei. 1914

OORLEDE

27 Des. 2004

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1941

ORDEN

1943

STANDPLASE

1943 Warmbad, S.W.A.

1952 De Aar

1958 Keimoes

1962 Bronberg

EMIRITEER

Dr Manie De Jager (BA, D.Th., Dipl. Homeopatie) (12 Mei. 1914 – 27 Des. 2004)

HermanusWilhelm de Jager is op 12 Mei 1914 op die plaas Klipkrans in die distrik Willowmore gebore. Sy ouers was Johan Nikolaas Wilhelm de Jager en Magdalena Catharina du Preez, ‘n Godvresende egpaar wat hulle twee dogters en seun na die beste van hulle vermoë opvoed. In die voorwoord van sy doktorale proefskrif in 1952, skryf hy: “Aan my ouers is ek meer verskuldig as wat hier in woorde uitgedruk kan word. Vir hulle liefde en sorg kan ek hulle nooit na waarde dank nie. Ek kan hulle liefde nooit as vanselfsprekend beskou nie, en sa I altyd met verwondering daaraan dink”. Manie ontvang sy eerste skoolopleiding op Klipkrans en later aan die skool op Rietbron. Hierdie skrander seun word na die Boland gestuur waar hy einde 1931 aan die Hoër Jongenskool in die Paarl matrikuleer. In die NG Gemeente Rietbron in die Karoo word Manie gedoop en lê hy belydenis van geloof af, ‘n gemeente wat ‘n groot rol in sy geestelike vorming speel. Na matriek boer hy as enigste seun saam met sy vader op Klipkrans, waar die depressie en groot droogte van 1932-1933 ‘n blywende stempel op sy jong gemoed laat.

ln hierdie tyd ontvang Manie die roeping om predikant te word, sy vrou Crena skryf: “Op ‘n dag het hy vergeet om blou vitrioel, wat nodig was om die skape te dip, van die dorp af saam te bring. Hy moes toe maar weer 30 kilometer terug dorp toe ry om dit te gaan koop. Terwyl die perde rushet hy saam met vriende na ‘n Kerkjeugvereniging gegaan waar die Here se boodskap baie duidelik na hom gekom het: “‘n wêreld in nood en jy moet gaan help.” Daarmee het hy sy roeping as predikant ontvang. Hy was alreeds ingeskryf om die volgende jaar op Stellenbosch in die regte te gaan studeer, maar besluit toe om sy kursuste verander na teologie”.

Manie vertrek na Stellenbosch waar hy die BA-graad verwerf. Daarna studeer hy aan die Teologiese Seminarium in die Eikestad waar hy einde 1941 as predikant gelegitimeer word. Hierna word hy hulpprediker met ds HA Sandenbergh in die NG Gemeente Boksburg, wat destyds ook Witfield en Kemptonpark insluit. Na byna twee jaar word hy op 7 Augustus1943 met handoplegging in die NG Gemeente Warmbad in Suidwes-Afrika predikant, met Karasburg as woonplek. Die jong ds Manie de Jager trou op 22 Februarie 1945 met Crena Eksteen op Stellenbosch, oudste dogter van ds P de Wet insident op die Rugbyveld: “George Daneel was ‘n man van vrede wat glo op ‘n keer op die veld aan sy medespelers geskree het. `In hemelsnaam, as julle moet skop, doen dit en as julle dit nodig vind om te slaan, doen dit ook – maar hou op om so te vloek!”. Met sy vertrek as leraar na Calvinia hang hy finaal sy rugbystewels op, maar behou tot met sy dood op honderdjarige leeftyd ‘n lewende belangstelling in rugby.

Op 11 Julie 1931 begin prop George M Daneel sy bediening as hulpprediker in die NG Gemeente Calvinia, net soos sy vader drie dekades gelede. Hy was nog ongetroud, beroepe was skaars in die depressiejare, daarom aanvaar ds George bu intekerklike werk en verlaat Calvinia. Op 1 Julie 1940 word hy tydens die Tweede Wêreldoorlog ‘n kapelaan in Noord-Afrika en ander gevegsfronte hy trou op 28 Desember 1940 met Johanna Stolp. Uit die huwelik is drie dogters gebore: Charlotte Daneel, by wie hy later op Franschhoek inwoon; Marie-Louise Steyn van Johannesburg en Suzette Burrel wat in Engeland woon. Met ds George se afsterwe was daar nege kleinkinders en een agterkleinkind.

Op 6 April 1946 word ds George Daneel ontvang en bevestig in die NG Gemeente Grahamstad in Oos-Kaapland. Hier is hy ondermeer verantwoordelik vir die bou van ‘n nuwe kerkgebou, ‘n groot oomblik in die geskiedenis van die Afrikaanse gemeente in ‘n oorheersende Engelse gemeenskap. In sy 92ste jaar in 1996 word hy genooi om die nagmaal op Grahamstad te bedien, ‘n aandoenlike geleentheid vir hom en die gemeente. Op Grahamstad raak hy al hoe meer betrokke by die beweging wat klem lê op die “Morele herbewapening”, daarom aanvaar hy op 5 Julie 1953 sy demissie om voltyds daarmee besig te wees. In verband hiermee werk hy van 1955 tot 1981 in Pretoria en van 1982-1989 in Windhoek. In die jare toe apartheid springlewendig was in Pretoria, het hy en sy vrou baie gedoen om dialoog tussen verskillende rasse in Suid-Afrika aan te moedig”. Ds George en Johanna Daneel vestig hulle in 1990 in Huis Herfsblaar in Pretoria, waar sy hom aan die dood ontval.

”Toe die pers hom in 1996 uitvra oor die geheim van sy hoë ouderdom het hy geantwoord: “Dit is nie my skuld dat ek so oud geword het nie. ‘n Oom van my het 102 jaar oud geword, sy geheim was dat hy nooit ‘n motor bestuur het nie. My ouderdom is behalwe die genade van die Here ook te wyte aan my fiksheid en gedissiplineerde lewe sonder rook en drank”. Op 29Augustus2004 vier ds George Daneel sy honderdste verjaarsdag, die oudste lewende oud-Springbok en predikant van die NG Kerk. Meer as twee honderd mense vergader by die historiese kerkgebou op Franschhoek om die geleentheid te vier, ‘n groot feesgeleentheid.

Sedert 1997 woon ds George Daneel by sy dogter Charlotte Daneel op Franschhoek, waar hy op 19 Oktober 2004 weens ouderdom sterf, binne twee maande na sy 100ste verjaarsdag. Hy word op 21

Oktober 2004 vanuit die kerk op Franschhoek begrawe. Sy dogter het in ‘n huldeblyk oor haar vader gesê: “Gister toe dit so heerlik gereën het, het ek my voorgestel dat Pappie by die hemelpoort aangekom het en toe hy daar met ope arms ontvang en verwelkom is, het hy op sy droë en rustige manier gesê. Baie dankie, dit is goed, ek kom graag in, maar dan moet julle darem eers sorg vir ‘n bietjie reën daar in Franschhoek en die Boland, want dit is baie droog daar”. – Dr Gerdrie van der Merwe. (Jaarboek ).