De Bruyn, Pieter Johannes

 

Gebore

6 Febr. 1885

OORLEDE

3 Mei 1938

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1905

ORDEN

1909

STANDPLASE

Pniël

1913 Onderwyser, Stofberggedenkskool

EMIRITEER

Eerw. Pieter Johannes de Bruyn is op 6 Februarie 1885 te Ceres gebore. Hy het op twintigjarige leeftyd sy sendelingsen derdeklas onderwysers-eksamens in die Instituut, Wellington, afgelê. Van 1906 tot 1912 het hy te Pniel en Worcester as leraar gearbei. Daarna het hy gedurende 1913 tot 1915 onderwys gegee te Stofberg-Gedenkskool as Prinsipaal van die Normaalskool. In 1916 het hy hom weer in die Kaap bevind om vir sy tweede jaar-onderwyser sertifikaat te skrywe. Die volgende jaar was hy besig met onderwys te gee te Witpoort, Transvaal, tot 1922 toe hy na Pretoria is om sy B.A.graad te verwerf. Vervolgens was hy ‘n lang tyd onderwyser gewees in die Afrikaanse Seuns-Hoërskool te Pretoria, van waar hy in die distrik Wolmaransstad tot 1928 onderwyser was. Van hier is hy na sy laaste standplaas as onderwyser te Kinross vir tien jaar totdat op 3 Mei 1938 ook tot hom deur sy Meester gesê is: „Mooi so, goeie en getroue slaaf, oor weinig is jy getrou gewees, oor veel sal Ek jou sit; gaan in in die vreugde van jou Heer.” (Jaarboek ).