Gebore
19 Aug. 1927
OORLEDE
11 Mei 2013
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1952
ORDEN
1953
STANDPLASE
1953 Tiervlei-Oos
1958 Rosendal
1961 Ficksburg
1964 Roodepoort
1965 Roodepoort-Oos
1971 Agter-Paarl
1978 Riversdal-Wes
EMIRITEER
1988
Ds Gys De Beer (BA) 19 Augustus1927 – 11 Mei 2013
Zacharias Wilhelmusde Beer is op 19 Augustus1927 in die distrik Steynsrusgebore. In diê tyd is ds JR Alheit leraar op Steynsrus, ‘n besonderse dienskneg van die Here wat diep spore in die harte van gemeentelede trap en wat die groot De Beer-gesin goed ken. Gys is eenvan twaalfkinders: ses seuns en ses dogters – en ses van die kinders dra die naam van die vader, Zacharias Wilhelmusde Beer, ‘n bekende boer in die distrik. Sy moeder is Anna Marga-
retha Smit.
Gys begin sy skoolopleiding in 1935 aan die plaasskool Vallambrosa in die distrik Steynsrus. In 1942 word hy ‘n leerling aan die Hoërskool Steynsrus, waar hy in 1945 matrikuleer en ‘n ywerige lid van die plaaslike CSV is.
Die Here roep Gys om predikant te word en hy word in 1946 ‘n student aan die destydse Grey Universiteitskollege – wat in 1950 die Universiteit van die Oranje-Vrystaat word. Hier verwerf hy BA (Admissie) in 1948. Daar was destyds nie ‘n dosent in Hebreeusby die universiteit nie en Gys was verplig om na-uurs by ‘n Joodse winkelier in Bloemfontein Hebreeuste leer- ‘n tydsame en moeilike proses wat hom leer vasbyt. In 1948 is hy voorsitter van die ASB (Afrikaanse Studentebond); waar hy as jong man die Afrikaanse taal sterk bevorder en met ander universiteite kontak maak.
In 1949 loop die Vrystaatse boerseun se pad na Stellenbosch, waar hy ‘n student word aan die Teologiese Seminarium. Gys is baie lief vir stap en die buitelug, enhy word op Stellenbosch ‘n ywerige lid van die Berg-en-Toerklub (BTK); Hy het ‘n pragtige basstem en is ‘n aktiewe lid en later ook voorsitter van die Kweekskoolkoor, onder leiding van prof Gawie
Gys trou op 9 Januarie 1952 met Ryne de la Bat, dogter van dr Gawie de la Bat, destyds hoof van die Skool vir Dowes op Worcester. Sy is net soos Gys ‘n lid van die BTK en kwalifiseer as onderwyseres. Op Bethlehem word sy gevra om ‘n item by ‘n skoolkonsert te lewer en sy besluit om ‘n liedjie te fluit. Hier word “die fluitende predikantsvrou” gebore, ‘n ere-titel wat sy tot vandag toe dra.
Uit Ryne se huwelik met Gys is drie kinders gebore: Dorette, wat getroud is met ds Schalk Kotz, predikant van
NG Moedergemeente op Oudtshoom; Annagret, getroud met Jan Palm, ‘n ingenieur van Brackenfell in die Kaap; en Wilhelm de Beer, getroud met Sonja en tans dosent in Mikrobiologie aan die Universiteit Pretoria.
Aan die einde van 1952 word Gys de Beer as proponent gelegitimeer en hy help tydelik in die NG Gemeente Tiervlei. Hy word later as eerste leraar na die nuutgestigte NG Gemeente TiervleiOos beroep, waar hy op 30 Mei 1953 met handoplegging bevestig word. ‘n Roepstem kom na die Oos-Vrystaat, en op 15 Julie 1961 word hy leraar in die NG Gemeente Ficksburg. Hiema verhuis die gesin na die NG Gemeente Roodepoort aan die Rand, waar Gys op 1 Augustus1964 ontvang en bevestig word. Sy verblyfdaar is van korte duur, want met die afstigting van die NG Gemeente Roodepoort-Oos word hy daarheen beroep en as eerste leraar op 18 April 1965 bevestig. Hier werk hy en sy vrou baie hard en ‘n nuwe kerk en pastorie word gebou.
Op 27 Februarie 1971 verskuif die gesin na die Boland, toe ds Gys de Beer bevestig word as herder en leraar by die NG Gemeente Agter-Paarl, in die skadu van Paarlberg. Dit was ‘n besonderse tyd – tot die Here hulle na die NG Gemeente Riversdal-Wes roep, waar die leraarspaar die laaste dekade van hulle bediening met oorgawe werk. In 1987 kry Gys ‘n ernstige hartaanval op Riversdal – en hy emeriteer op 24 April 1988 op 59 jaar.
Hulle verhuis na ‘n eie huisie in Somerset-Wes, waar hy hom besig hou met houtwerk. In 2001 gaan woon hulle in die Millermium Park-aftree-oord op Oudtshoorn en is lidmate by die NG Moedergemeente Oudtshoom, waar hulle skoonseun, ds Schalk Kot, die leraar is.
Ds Gys de Beer sterfop 11 Mei 2013 en ‘n roudiens word op 14 Mei 2013 deur ds Schalk Kotzê waargeneem. ‘n Huldeblyk word deur ‘n vriend en oudkollega, ds Constant Steyn, gelewer. Wilhelm de Beer doen die bedankings. Schalk Kotzê skryf: “Ek het respek vir Vader se waardigheid en opregtheid gehad; hy was soms pynlik opreg. Vader het in opregtheid die Here liefgehad, gedien en gevolg. Ek dank die Here vir my skoonpa, wat die afgelope 18 jaar my enigste aardse pa was en vir wie ek lief was soos vir my eie pa.”
Dorette skryf: “Ek het hom nooit kwaad gesien nie. Elke situasie is met rustigheid, kalmte en wysheid hanteer. Selfs in sy siekte was hy bedagsaam. Al het ek hom help stap, het hy steeds teruggestaan sodat ek eerste by ‘n deur kon ingaan. Hy en Moeder het my gelei om die Here te leer ken. Ek was bly dat hy sy eerste agterkleinkind se doop kon ervaar, twee weke voor sy dood, en ‘n gebed kon doen. Ons weet dat sy kinders, kleinkinders en agterkleinkinders in sy voetspore sal volg.” – Dr Gerdrie van der Merwe VDM (Jaarboek ).