De Beer, Maritz

Ds. De Beer Maritz

Gebore

27 Apr. 1939

OORLEDE

26 Apr. 1993

UNIVERSITEIT

BA DIPL TEOL

gelegitimeer

ORDEN

STANDPLASE

EMIRITEER

Tydens die tweede oggenddiens op Sondag, 25 Apri11993, in die gemeente Rustenburg-Bergsig, was ds Maritz de Beer die prediker. Dit was ook sy laaste preek – onbewustelik ook sy afskeidspreek, want dit was juis tydens die prediking dat hy inmekaargesak het met ’11 aneurisme op die brein. Ten spyte van noodbehandeling deur drie dokters is hy later dood sonder om sy bewussyn te herwin.

Maritz de Beer is op 27 April 1939 op Humansdorp gebore. Hy bring sy kinderjare op Worcester deur waar hy ook matrikuleer. Agtereenvolgens werk hy by die Standerd Bank, die AEB, die Departement Onderwys, Kuns en Wetenskap en die stadsraad van Johannesburg.

Hierna het hy met sy studie aan die Universiteit van Pretoria begin ten einde homself as predikant te bekwaam. Hy het die BA-graad en die Nagraadse Diploma in Teologie verwerf. Tydens sy studiejare het hy tydelike werk by die WNNR verrig.

Ds De Beer het die gemeentes Koedoeskop (1981-1984) en Rustenburg-Bergsig (1984- 1993) bedien. In 1964 is hy met Tina getroud. Uit die huwelik is drie seuns, Jaco, Deon en Riaan, gebore.

In die gemeente het ds De Beer gespesialiseer in diens van barmhartigheid. Huisbesoek was vir hom die grootste vreugde en hy het gevolglik baie tyd daaraan bestee. Tydens sy jare in die bediening was hy by verskeie geleenthede skriba van die ringskommissie. Op rings gebied het ds De Beer baie lank in die kommissie vir diens van barmhartigheid gedien.

Ds De Beer se lewe is gekenmerk deur ‘n besondere fyn en spitsvondige humorsin. Sy omgee vir die gemeentelede het van hom ‘n besondere pastor gemaak. As prediker het hy altyd die Woord van God suiwer verkondig. Met sy laaste preekgeleentheid het hy die klem laat val op die ems van die ewige geluksaligheid. Daarom was sy laaste hoorbare woorde daardie Sondagoggend juis gebou rondom die tekswoord van 1 Pet 2:11-17 met as tema: “Vreemdelinge en bywoners in hierdie wêreld.” (- M Meiring) (Jaarboek ).