De Beer, Johan Matthys Adam

Ds. De Beer Johan

Gebore

18 Apr. 1903

OORLEDE

16 Sep. 1973

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1927

ORDEN

1928

STANDPLASE

1928 Warden

1939 Bloemfontein-Noord

1943 Stofberg-Gedenkskool

1947 Theunissen

1955 Boksburg

1960 Dobsonville (Florida)

1964 Olifantsfontein, Tembisa

EMIRITEER

1971

 

Ds. Johan Matthys Adam de Beer, wat onder meer assessor van die Vrystaatse, aktuaris van die Transvaalse en eerste moderator van die Suid-Transvaalse sendingsinode (Bantoekerk) was, is 16 September 1973 op Middelburg, Tvl. oorlede. Gebore 18 April 1903, voltooi hy sy studie 1927 aan die Wellingtonse Sendinginstituut, waar hy as sendingleraar van Warden (1928); Bloemfontein-Noord (1939); Philippolis (1943); as dosent aan die Stofberg-Gedenkskool (1943) en toe weer as leraar van Theunissen (1947); die Oosrandse Compounds en Boksburg (1955); Dobsonville (Florida) (1960) en Tembisa (Olifantsfontein) (1964) ‘n groot werk doen, totdat hy 1971 aftree. Gedurende sy lang dienstyd het hy in die Vrystaatse en Transvaalse Sending diep spore getrap. (Jaarboek 1974/F1).