De Beer, Jacobus Christiaan

 

Gebore

1 Des. 1959

OORLEDE

17 Aug. 2004)

UNIVERSITEIT

BA-Honneurs, BTh, MTh, D.Th.

gelegitimeer

ORDEN

STANDPLASE

EMIRITEER

JacobusChristiaan de Beer is op 1 Desember 1959 in Caledon gebore. Sy grootouers aan vaderskant is Sybrand en Grieta de Bruyn wat op die plaas Lambertshoek in die omgewing van Graafwater boer. Sy grootouers aan moederskant is Jimmy en Stienie Meyer wat die plaas Damfontein in die distrik Laingsburg boer. Sy ouers is Hendrik en Johanna de Beer, boeremense wat besonder godvresend was en hulle hele lewe ingerig het volgens Christelike beginsels. Hendrik het op die spoorweë gewerk, daarom het die gesin baie rondgetrek.

Jimmy het ‘n troetelnaam in die familie gehad, “Jimmy-boy” wat maklik op die oor geval het. Hy ontvang sy eerste skoolopleiding op die plaasskool Het Kruis naby Piketberg. Daama verhuis hulle na Klipheuwel naby Durbanville en gaan skool aan die Laerskool Durbanville. Hierna woon hulle op Eendekuil en matrikuleer hy aan die Hoërskool Citrusdal. Hy voel geroepe vir die gemeentebediening en vertrek na Matieland waar hy met sy aangename persoonlikheid mense aantrek. Hy is ‘n inwoner van Wilgenhof Koshuis. Aan die Universiteit van Stellenbosch behaal hy die BA (Admissie) in 1979 en ‘n Honneursgraad in Sielkunde in 1980 en begin in 1981 met teologiese studie aan die Fakulteit Teologie op Stellenbosch, behaal die BTh- en MTh-graad en spesialiseer in Kerkgeskiedenis.

Jimmy word op 15 November 1984 as proponent gelegitimeer en begin in 1985 met sy nasionale diensplig. Hy was ‘n uitnemende student en stel intens belang in Vaderlandse Kerkgeskiedenis. Hierin behaal hy die MTh-graad en in 1992 sy doktorsgraad aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy proefskrif handel oor ‘n leidende figuur op kerklike gebied en bekwame professor aan die Teologiese Seminarium: “Professor BB Keet (1885-1974); Leraar en hoogleraar van die Nederduitse Gereformeerde Kerk”. Jimmy word op 15 November 1984 as proponent gelegitimeer en doen sy nasionale diensplig in die vloot, waar hy en Barend Vos, tans leraar van die NG Gemeente Warrenton goeie vriende word.

Jimmy se hele bediening was weermag georiënteerd, daarom sluit hy na sy diensplig pennanent aan en word op 26 Junie 1987 as kapelaan vir SAS Eksteen van Pofadder. Haar ouma aan moederskant was Kitty Barry, legendariese pastorimoeder van Calitzdorp wat diep spore in die Koninkryk trap. Crena is die derde geslag wat besondere inhoud en styl gee as predikantsvrou in die NG Kerk. Sy is ‘n gekwalifiseerde onderwyseres wat benewens haar gemeentewerk ook in elke gemeente aktief betrokke was in die onderwys.

Drie jaar later vertrek ds Manie en Crena met hulle twee seuntjies na Holland vir doktorale studie aan die Vrije Universitcit van Amsterdam. Behuising was in die na-oorlogse tyd ‘n groot probleem, hulle woon in kamers in Amsterdam en later in Zandvoort waar hy in die Gereformeerde Kerk se konsistorie in stilte kon studeer. In Holland help TT Cloete, die latere professor wat gehelp het met die nuwe Psalm beryming, om Manie se doktorale proefskrif taalkundig te versorg.

Die jong leraar promoveer op 8 Februarie 1952 met die proefskrif: “Kategeet en prediker in die aangryping deur die Woord.” ProfJ Waterink skryf: “Weinig zal dr HW dc Jager tone hy werksaam was op de grote plaats van zyn vader met sy vele schapen, hebbe gedacht aan de mogelikheid dat hy in Amsterdam nog eens promoveren zou tot dOktor in de theologie. Hy is herder van schapen geworden maar dan van die schapen van JesusChristus”.

Terug in Suid-Afrika word dr Manie de Jager op 17 Mei 1952 bevestig as leraar van die NG Gemeente De Aar. Na sewe jaar met sy vertrek word melding gemaak van sy taktvolle en die minsame optrede in die gemeente, ook sy nugtere insig en veral besadigde maar besliste leiding in die Meester se Koninkryk. Op 20 Julie 1958 word hy die herder en leraar van die NG Gemeente Keimoes op die walle van die Oranjerivier, ‘n dorp en gemeenskap waar die leraarspaar en hulle ses kinders heerlik woon. 1n 1962 word die arbeidsveld van dr HW de Jager verskuif van die rustige Keimoes na die NG Gemeente Bronberg in die hart van Pretoria. Hieroor skryf hy in 1967: “Die vyf jaar van my bediening in Bronberg sal vir ons onvergeetlike jare bly. Dit het my ‘n dieper insig gegee in die hart van ‘n middestadsgemeente met mense wat voortdurend kom en gaan”.

Op 8 April 1967 verruil dr HW de Jager en gesin die stadsgewoel vir die rustige Suid-Vrystaatse NG Gemeente Fauresmith. In hierdie dorp waar die treinspoor in die hoofstraat loop, ervaar die gesin baie liefde en intense gasvryheid. Maar Fauresmith was ook ‘n plek van beproewing, op 8 Augustus1967 sterf die gesin se jongste seuntjie in die pastorie aan leukemie en word in die begraafplaas op Fauresmith begrawe. Na ‘n gelukkige bediening word dr Manie op 19 Januarie 1974 leraar van die NG Gemeente Marquard in die Oos-Vrystaat, waar hy na ‘n kort maar geseënde bediening op 6 Desember 1976 sy emeritaat aanvaar. Dr Manie en Crena de Jager vestig hulle op Beaufort-Wes. In 1975 word hy ‘n geregistreerde homeopaat, waarna hy sy liefde vir homeopatie voltyds beoefen. I ly het altyd belanggestel in die verband tussen liggaam-siel-gees. Woordbediening en homeopatie het vir hom nooit teenoor mekaar of in spanning met mekaar gestaan nie.

Hy doen ook preekwerk in verskeie gemeentes en help ses maande lank op Rietbron, die gemeente waar hy opgegroei het. Op 5 Mei 1979 keer hy terug na die aktiewe bediening as leraar van die NG Gemeente Rietbron, ‘n unieke voorreg om as gemeenteseun dic mense van sy geboorte- en grootword dorp te bedien. Op 24 November 1982 tree hy die tweede keer af, waarna die egpaar hulle op Glentana naby George vestig. Hy skryf “‘n Mens tree af wanneer jy nog kan kniel”.

Dr Manie de Jager is geseën met sewe kinders, ses seuns waarvan een jonk sterf en een dogter. Alta is ‘n musiekonderwyseres en getroud met Francois du Preez, ‘n ingenieur. Al vyf seuns volg die voetspore van hulle vader en word predikante in die NG Kerk. Dr Johan de Jager op Harrismith, ds Pieter de Jager op Hartsvallei, ds Herman de Jager op Brandvlei, ds Stephan de Jager op Potchefstroom en dr Kobusde Jager op Montagu. Mense was dikwels verwonderd oor die feit dat al vyf sy seuns predikante geword het. Hieroor skryf dr Kobus: “Hy het dit vir geen kind van hom aanbeveel nie, maar kennis geneem van hul roepingsbewustheid. Wanneer daar soms aan hom gesê is dat hy seker besonder trots daarop is dat al sy seuns predikante geword het, was sy antwoord: -Die Here sou hulle op baie maniere kon gebruik. Waar oor ek dankbaar is, is dat al my kinders gelowiges is.”

Dr Manie de Jager is op 27 Desember 2004 in die ouderdom van 90 jaar op Glentana oorlede. Sy lewensmaat Crena skryf: “Met blydskap en dankbaarheid dink ons terug aan ‘n voorbeeld van integriteit en Godsdienstig, iemand wat in sy hele bediening sy werk met blydskap gedoen het en nie geskroom het om standpunt in te neem vir die waarheid nie. In die rype ouderdom van negentig jaar het hy kort voor sy dood blymoedig opgemerk dat hy al so baie trappies geklim het op sy lewenspad, maar dat die laaste trappie die lekkerste trappie sal wees, so het hy tussen Kersfees en Nuwejaar die drumpel van dic heerlikheid betree”.

Sy seun dr Kobusskryf: “Kenmerkend van sy lewe aan die einde was die blymoedigheid waarmee hy gereed gemaak het vir die groot oorgang wat deur die dood kom. Hy het dikwels gesê: ‘nie meer lank nie, dan gooi ek hierdie kierie weg en stap lekker sonder hom.’ Die einde het gekom by ‘n heerlike kuiergeselligheid saam met baie familie, op die verjaardag van ‘n kleinkind. Om as te ware op jou voete dood te gaan terwyl die prostaatkanker sy tol begin eis, is op ‘n besondere manier genade”.

Dr Manie de Jager se begrafnisdiens word waargeneem deur sy oudste seun dr Johan, met Efesiers 1 vers 15-23. Sy vyf predikante-seuns en dogter dra hulle vader na die graf, die begrafnisbrief getuig soos volg: “As lewensmaat, pa, oupa, groot oupa en vriend, dink ons met blydskap en dankbaarheid terug aan die vol lewe van Manie de Jager wat vir 90 jaar gelowig enduit volgehou het. Hy het eendag opgemerk dat ons, ons lewenspad moet sien as ‘n kort stukkie pad op God se pad en dat ons dit daarom blymoedig moet loop in volle afhanklik van Hom wat aan ons die Lewe gegee het. Nie aan ons nie O. Here, nie aan ons nie, maar aan U Naam gee ons die eer. Soli Deo Gloria”. – Dr Gerdrie van der Merwe. (Jaarboek ).