De Beer, Daniel Ferdinand Bosman

Ds. De Beer Daniel

Gebore

13 Mei 1902

OORLEDE

10 Sep. 1972

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1926

ORDEN

1932

STANDPLASE

 Vanrhynsdorp (Hpr.)

1934 Kuruman (Hpr.)

1935 La Rochelle (Hpr.)

1937 Linden

1945 Sekr. vir Openbare Sedelikheid, Tvl.

EMIRITEER

Ds. Daniel Ferdinand Bosman (Dan) de Beer, wat gedurende 27 jaar met onvermoeide ywer aan die spits van die Kerk se stryd teen bepaalde euwels en teen sedelike verval in die algemeen gestaan het, beswyk op 10 September 1972 in Pretoria aan ‘n hartaanval. Hy is op 13 Mei 1902 as seun van ds. en mev. Z. J, de Beer van Kaapstad (Woodstock) gebore. Einde 1926 in die bediening getee, word hy agtereenvolgens hulpprediker in Vanrhynsdorp (1932); Kuruman (1934) en La Rochelle (1935) en daarna leraar van Linden (1937); In 1945 aanvaar hy die benoeming tot Sekretaris vir Openbare Sedelikheid van die Transvaalse Kerk en later bly hy dit vir die Noord- sowel as die Suid-Transvaalse Sinode. Daarbenewens is hy vir baie jare sekretaris van die Federale Raad vir die Bestryding van Maatskaplike Euwels en van die Algemene Sinode se Kommissie vir Openbare Sedelikheid, asook van die Antikommunistiese Aksie kommissie. Hy het sy dikwels so ondankbare taak vreesloos maar nogtans met kalme bedaardheid verrig en baie bereik. Talle briewe in die dagbladpers en ‘n aantal brosjures het in verband met sy werk uit sy pen gekom en in verskeie groot kerk- en volkskongresse het hy ‘n belangrike aandeel gehad. (Jaarboek 1973/464).