David, Pierre John

 

Gebore

26 Jul. 1930

OORLEDE

19 Okt. 1993

UNIVERSITEIT

Dipl Teol

gelegitimeer

ORDEN

STANDPLASE

EMIRITEER

Ds Pierre John David het gedurende die oorlogsjare in die Goudstad grootgeword en het in 1948 aan die Hoerskool Helpmekaar gematrikuleer. Daarna het by vir elf jaar in die versekeringsbedryf gewerk. In die tyd bekwaam by hom as onderwyser met die oog op sendingwerk. ‘n Ideaal word verwesenlik toe by in Masjonaland as sendeling-onderwyser aangestel word, vergesel van sy vrou, Lenie. Na vier jaar keer by terug, eers na die Universiteit van Pretoria (buitem uurs) en toe na die Teologiese Kweekskool op Stellenbosch, waar by in 1968 op 39-jarige leeftyd gelegitimeer word.

Die sendingroeping bly sterk en die gesin keer terug na Masjonaland vir drie jaar. Daarna volg drie jaar diens in die NGKA Delareyville totdat by na die NG gemeente Danielskuil verskuif. Hier sou Pierre en Lenie vir meer as 17 jaar besonder geseende gemeentebouwerk verrig.

Pierre sal onthou word as iemand met ‘n passie vir evangelisasie en sending. Vir 15 jaar dien by in die Sinodale Sendingkommissie en beywer hom veral vir die buitelandse sending (Botswana, Belgic, Frankryk); Alles het by met oorgawe en entoesiasme aangepak – gemeentewerk en sinodale verantwoordelikhede, kerkraadsvergaderings en sinodesittings. Hy grawe hom in die kerkreg en dien lank in die Sinodale Kerkorde-kommissie, ook as voorsitter. Wat my egter altyd die meeste opgeval het, was sy on wrikbare geloof in die krag van gebed. Pierre was ‘n toegewyde getroue en sistematiese voorbidder.

Ek en Pierre se sinodale paaie het eintlik die eerste keer op die jeugterrein gekruis. By skoolverlaterskampe kon by met oorgawe aan alles deelneem. Geen wonder dusnie dat hy, toe by einde 1992 emeriteer, dadelik aangetrokke voel tot die jeugwerk en hom by die Kinderevangelisasieopleidingsinstituut op Witrivier gaan aanmeld. Hier onthef sy Here en meester horn van sy opdrag deur horn skielik in die nag van 10 Oktober 1993 deur ‘n hartaanval na Hom te roep.

Lenie en die vier kinders word die troos van ons hemelse Vader toegebid. Ons is dankbaar dat ons ham as vriend en medewerker kon ken. – Gert van Rensburg. (Jaarboek ).