Gebore
4 Mei 1865
OORLEDE
17 Jul. 1937
UNIVERSITEIT
Sending Inst.
gelegitimeer
1893
ORDEN
1899
STANDPLASE
1893 Rondreisende Evangelis
1899 Harrismith
1905 Wakkerstroom
1913 Prieska
1917 Bloemfontein
EMIRITEER
–
Eerw. Richard Hurtley Daneel is 4 Mei 1865 in die distrik Hanover gebore. Na toelating as sendeling uit die Opleidingskool in 1893 het hy in die begin van sy loopbaan die werk van ‘n evangelis gedoen in vereniging met Eerw. D. Odendaal en daarop baie seën ervaar. Sy later vaste standplase was Wakkerstroom (1906); en Prieska (1913); En sedert 1917 het hy die Bloemfonteinse Sendinggemeente bearbei tot aan sy dood op 14 Julie 1937. Hy het baie vir die Here geywer en sy arbeid was ryk geseën. Uit sy pen het ‘n reeks bekeringsverhale onder die titel „De Hand des Heeren” verskyn (1897). (Jaarboek ).