Gebore
27 Mei 1869
OORLEDE
26 Jun. 1937
UNIVERSITEIT
BA
gelegitimeer
1897
ORDEN
1898
STANDPLASE
1898 Calvinia
1906 Fraserburg
1914 Victoria-Wes
EMIRITEER
1934
Ds. Marthinus Smuts Daneel was ‘n seun van Ds. AB Daneel van Heidelberg (Kaap); waar hy op 27 Mei 1869 gebore is en eerste skool gegaan het. Aan die ou Victoria-Kollege, Stellenbosch, het hy die B.A.-eksamen afgelê en nadat hy aan ons kweekskool sy teologiese studies voltooi het, is hy in 1897 gelegitimeer. Sy eerste standplaas was Calvinia waar hy 1898 georden en bevestig is en gestaan het tot 1906 toe hy ‘n beroep aangeneem het na Fraserburg. Sy laaste gemeente was Victoria-Wes, wat hy twintig jaar lank bedien het (1914-1934); Hy was ‘n getroue evangeliedienaar wat waardig die evangelie gewandel het. In laasgemelde jaar het hy weens swakke gesondheid emeritus geword en hom op Durbanville ter woon neergesit, waar hy 26 Junie 1937 ontslape is. (Jaarboek ).