Daneel, George Murray

Ds. Daneel George

Gebore

29 Aug. 1904

OORLEDE

19 Okt. 2004

UNIVERSITEIT

UK; US

gelegitimeer

1930

ORDEN

1931

STANDPLASE

1931 Calvinia (Hulpprediker.)

1952 Buitekerklike werk

1940 Veldprediker

1946 Grahamstad

1953 Morele Herbewapeningsbeweging

EMIRITEER

Ds George Daneel (Admissie Dipl., Lis Teologie) 29 Aug. 1904-19 Okt. 2004

George Murray Daneel is op 19 Augustus 1904 as predikantseun op Calvinia in die Hantam gebore. Hy is die derde geslag wat predikant word, sy oupa was ds AB Daneel wat vanaf 1862 tot 1899 die herder en leraar in die NG Gemeente Heidelberg (KP); ‘n ware kerklike patriarg wat die NG Kerk met oorgawe dien. Die vierde van sy nege seuns is ds Marthinus Smuts Daneel, aanvanklik ‘n onderwyser wat later na die Victoria Kollege op Stellenbosch vertrek om predikant te word. Hy is ‘n kranige sportman en is in 1892 lid van die Suid-Afrikaanse rugbyspan wat teen die eerste Engelse toerspan speel. Sy broer was Henry Daneel, in 1906 ‘n Springbok rugbyspeler wat saam met Paul Roos deur Groot-Brittanje toer. Ds MS Daneel voltooi einde 1897 sy studie aan die Teologiese Seminarium op Stellenbosch en word op 16 April 1898 as hulpleraar in die NG Gemeente Calvinia, ontvang en bevestig. Hy is die vader van ds George Daneel, wat trou met Charlotte Louis Murray, kleindogter van die bekende ds Andrew Murray (snr) van Graaff-Reinet.

Die eerste twee jaar van George se lewe bring hy deur in die pastorie op Calvinia, daarna verhuis hulle na Fraserburg waar sy vader op 29 September 1906 as herder en leraar bevestig word. Hier begin die jong George in 1911 sy skoolopleiding aan die Laerskool Fraserburg. Op 14 Februarie 1914 vertrek die gesin na Victoria-Wes, waar ds MS Daneel twintig jaar lank leraar is tot met sy aftrede in 1934. Hier sit George sy skoolloopbaan voort aan die Hoërskool Victoria-Wes en matrikuleer in 1921 aan die Hoërskool Robertson. Hy volg in die voetspore van sy oupa en pa toe hy besluit om predikant te word, eers studeer hy gedurende 1922-1923 aan die Universiteit van Kaapstad en vanaf 1924 aan die Universiteit van Stellenbosch. George was ‘n inwoner van Wilgenhof op die Akker. Na sy toelating tot die Teologiese Seminarium op Stellenbosch, word hy aan die einde van 1930 as proponent gelegitimeer.

Rugby loop in die Daneel-geslag se bloed, daarom presteer hy soos sy oom en vader ook op Stellenbosch in rugby. In sy derde jaar as student word hy in 1928 gekies as Springbok om as “agsteman” teen die besoekende All Blacks te speel, dit is die eerste Kiwi’s wat ons land besoek. Hy het ook as flank en agsteman teen Frankryk en Engeland uitgedraf, destyds het die Springbokke ‘n halfkroon per wedstryd ontvang. In 1931 is hy deel van die span wat in Engeland suksesvol toer, met manne soos Bennie Osler, Boy Louw en Phil Mostert in die span. Fritz Joubert skryf oor ‘n interessante