
Gebore
21 Jan 1921
OORLEDE
20 Nov. 1993
UNIVERSITEIT
UOVS; US
gelegitimeer
1945
ORDEN
1947
STANDPLASE
1947 Masjonaland
1949 Brakpan-Suid
1957 Hendrina
1960 Malvern
1963 Villieria-Oos
1969 Luipaardsvlei
1974 Derby
1979 Krielpark
1984 Brakpan
EMIRITEER
1986
Gerhard Cruywagen het ‘n veelkleurige lewe en bediening gehad. Hy is op 21 Januarie 1921 op Zastron in dieVrystaat gebore. Hy het sy studie aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat en op Stellenbosch voltooi, en is in 1945 gelegitimeer. Hy is getroud met Judy Coetzer ‘n maatskaplike werker van Johannesburg. Uit die huwelik is drie kinders gebore. Albert is tans predikant in die NG gemeente Soutpansberg (Louis Trichardt) en Heleen (getroud met dr Johan de Klerk, ‘n sielkundige) woon in Johannesburg.
Ds Cruywagen was eers vir ‘n paar maande in die gemeente Lydenburg as pastorale hulp werksaam en is in 1947 in Masjonaland as sendeling georden. Hy vertrek in 1949 na die NG gemeente Brakpan-Suid, in 1957 na Hendrina, 1960 na Malvern (Johannesburg); 1969 na Luipaardsvlei (Krugersdorp); 1974 na Derby, 1979 na Krielpark en 1984 na Brakpan.
Ds Cruywagen se bediening is gekenmerk deur sy ywer vir evangelisasie. Talle vriendskappe het voortgespruit uit die vrug van sy arbeid op hierdie terrein. Hy het graag herlewingskonferensies gereel soos die op Hendrina in die begin jare sestig. Hier het by begin om gebruik te maak van tegniese hulpmiddels om die evangelie uit te dra, veral die bandmasjien en kleurskyfies.
Soms was hy in die greep van omstredenheid, soos met die sogenaamde skokpreek toe by op Malvern gewys het op die morele en sedelike verval van ons mense. In Villieria-Oos het hy ‘n preek gelewer met politieke ondertone wat opspraak verwek het. Toe hy in Krielpark was, het hy in onenigheid tussen ‘n medeleraar en die gemeente verstrengel geraak. Die ring het die band van albei die leraars met die gemeente losgemaak, maar moes hulle uitspraak herroep omdat dit nie op gemeenregtelike grand houdbaar was nie. Hierdie onaangename ervaring het ds Cruywagen se gesondheid ‘n knou gegee.
Sy laaste sewe jaar in Pretoria, was rustige jare. Hy het sy aftrede saam met sy vrou, familie en vriende geniet in soverre sy gesondheid dit toegelaat het. Hy kon sy liefde vir sy volk en vaderland vryelik uitleef deur sy belangstelling in die politiek. Hy het selfs gedigte hieroor geskryf in die laat ure as hy nie kon slaap nie.
Ds Cruywagen is op 20 November 1993 in die ouderdom van 72 jaar en 10 maande in die hospitaal oorlede.
Die begrafnis was vanuit die NG gemeente Meyerspark. Die diens is gelei deur sy seun, asook die plaaslike leraar, ds Uli Trumpelman. – Ds Albert Cruywagen. (Jaarboek 1995/306).