Cronje, Thomas Frederik

Ds.Cronje Thomas

Gebore

15 Okt. 1896

OORLEDE

26 Jul. 1960

UNIVERSITEIT

Dipl. Teol.

gelegitimeer

1927

ORDEN

1928

STANDPLASE

Belfast

1930 Lydenburg

1946 Springs-Oos

EMIRITEER

Ds. Thomas Frederik Cronje is op 15 Oktober 1896 in die distrik Vereeniging gebore en het in 1927 sy studies aan die Kweekskool op Stellenbosch voltooi. Hy was twee jaar leraar van Belfast, sestien jaar leraar van Lydenburg, en sedert 1946 leraar van Springs-Oos. Hy het hom veral op die gebied van die opvoeding en die armesorg onderskei, was o.m. ‘n geruime tyd voorsitter van die Sinodale Armesorgkommissie van die Transvaalse Kerk en van die Randse Armesorgraad. Hy is op 26 Julie 1960 onverwags oorlede tydens sy vakansie in die Laeveld, in die ouderdom van 63 jaar. (Jaarboek 1961).