Gebore
18 Nov. 1893
OORLEDE
17 Febr. 1944
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1925
ORDEN
1926
STANDPLASE
Delmas
1929 Rustenburg
1936 Richmond
1941 Moorreesburg
1943 Volksrust
EMIRITEER
–
Ds. Johannes Christoffel Cronje is gebore op 18 November 1893 in die distrik Ventersdorp, Transvaal. Vroeg in sy lewe het hy hom geroepe gevoel om predikant te word. Sy teologiese opleiding het hy aan die Kweekskool te Stellenbosch ontvang. Aan die einde van 1925 is hy gelegitimeer en op 5 Junie 1926 is hy in sy eerste gemeente, naamlik Delmas, georden en bevestig. Na ‘n bediening van twee en ‘n half jaar is hy na Rustenburg waar hy meer as ses jaar werksaam was toe hy ʼn beroep na Richmond, K.P., in 1936 aangeneem het. In 1940 is hy na Moorreesburg en in 1943 na Volksrust. Hy was ‘n getroue evangeliedienaar, ‘n ware sielesoeker en ‘n deeglike Skrifkenner. Met hierdie eienskappe het gepaard gegaan ‘n opregte en ‘n vriendelike persoonlikheid. Hy was besondere vriend van die jeug wie se siele hy veral gesoek het. Op betreklike jong leeftyd na hy nog nie lank in sy laaste gemeente was nie is hy op 17 Februarie 1944 oorlede.