Cronje, Johan Marthinus

Ds.Cronje Johan

Gebore

31 Aug. 1914

OORLEDE

05 Des. 2006

UNIVERSITEIT

Th., D.Phil.

gelegitimeer

1936

ORDEN

1937

STANDPLASE

Madzimoyo

1938 Malherbe

1941 Madzimoyo

1944 Fort Jameson

1945 Dosent Teologiese Skool Madzimoyo

1960 Oberholzer

1964 Organiserende Sendingsekr. O.V.S.

1971 Tweede Sekr. Sendingkommissie van die Algemene Sinode

1 Jan. 1980 Emeritus(1980 direkteur en vanaf 1983 snr. Navorser, Instituut van Sendingwetenskaplike Navorsing, Teol. Fakulteit, Univ. Van Pretoria

EMIRITEER

Dr Johannie Cronje (BTh, MTh, DPhil) (31 Aug. 1914 – 05 Des. 2006)

Johan MarthinusCronje is op 31 Augustus1914 in sy oupa se dorpshuis op Vredefort gebore. Hy was die jongste van drie kinders, en het ‘n broer Izak en ‘n suster Bettie gehad. Sy ouers woon op die plaas Auguslu-aal in die distrik Vredefort, waar die pad tussen Vredefort en Kroonstad oor die Renosterspruit gaan. Hierdie plaas het sy moeder van haar pa Johannes Izak Cronje geërf. Johannie het van kindsbeen af met sy be- sondere menswees ‘n verskil gemaak. Die lieflike teenwoordigheid van die Here was met hom en hy trap later diep spore as sendeling en navorser op die sendingakker in Suid-Afrika, in besonder in M idde-Afrika.

Johannie begin sy skoolopleiding in ‘n plaasskool, ongeveer 4 km van hulle plaas, met on- geveer 20 kinders. Op aanbeveling van Johannie se predikant op Koppies, ds. CR Ferreira, stuur sy ouers hom na Cirey Kollege in Bloemfontein waar hy aan die einde van 1932 matrikuleer. Dit was vir Johannie ‘n donker jaar, want sy moeder sterf op die vroeë ouderdom van vyftig jaar. Die skoolhoof was die bekende mnr Jock Meiring, wat ‘n groot invloed op die jong seun het. Onder sy leiding besluit Johannie om ‘n myningenieur te word. Maar die Here se pad loop anders, hy woon spesiale dienste op Kroonstad by en die Here roep hom om sendeling te word. Sy pa was al die jare ouderling op Koppies. Johannie skryf: “Die eiers wat die henne op Sondae lê, word apart gehou, verkoop en die geld in die sendingbussie van die Vrouesendingbond gegooi. As ons Sondae nie na die kerk op die dorp gaan nie, hou ons kerk op die plaas. Dan trek ons ons kerkklere aan, kom in die woonkamer van die huis bymekaar waar Pa ‘n gedeelte uit die Bybel lees en in die gebed voorgaan.”

In 1933 begin Johannie met sy opleiding as sendeling aan die Sending Instituut op Wellington, waar hy sterk onder die invloed van prof GBA Gerdener kom en sy teologiese opleiding cum laude slaag. Na sy legitimasie aan die einde van 1936 word hy deur die Vrystaatse Kerk beroep as sendeling na Noord-Rhodesië, tans bekend as Zambie. Voor sy vertrek na die sendingveld vertrek hy eers na Londen waar hy ‘n mediese kur- susgaan loop met die oog op gebruik in die sendingveld. Nog dieselfde jaar begin hy as sendeling op Modzimoyo-sendingstasie (dit beteken water van die lewe) werk, ongeveer 20 kilometer van Fort Jameson in Zambië. In 1939 word hy gestuur na die nuwe en vakante sendingstasie Malherbe, ongeveer 50 kilometer oos van Lusaka. Hy trou op 30 Junie 1939 in Middelburg (Kaap) met mej Mar- thie Coetzee, ‘n boermeisie van Brandvlei, wat later ter wille van die onderwys van haar kinders op Middelburg (Kaap) woon. 1n 1941 is die sende- lingpaar terug in Madzimoyo, want die klimaat het asma by die personeel veroorsaak en die Malherbe-stasie moes later gesluit word. In 1944 word Fort Jameson hulle nuwe woon- en werkplek. 1n- tussen het hy begin help met teologiese opleiding en word in 1945 dosent aan die Teologiese Skool Madzimoyo. In die tyd begin hy verder studeer. Hy behaal die MTh-graad cum laude in 1950 aan die Teologiese Seminarium op Stellenbosch. Hierna is hy van 1952-1955 met studieverlof vir sy dokto- rale eksamens en navorsing. Dit geskied in Holland onder leiding van die wêreldbekende prof JH Bavinck.

Hierna sit hy sy werk met groot vreugde voort op Madzimoyo, tot hy in die tweede helfte van 1959 ernstig siek word. Aanvanklik is dit gediag- noseer as malaria, maar later blyk dit ‘n emstige aanval van maltakoors te wees. Die skrif was teen die muur, Johannie en Marthie moes Zambië verlaat. In die jaar is daar ook ‘n hoogtepunt toe hy ‘n doktorsgraad in Teologie behaal. Sy siekte en weggaan na 23 jaar in die sendingveld is ‘n hartseer saak, maar die Here gee uitkoms tot hy in 1960 ‘n beroep kry as sendeling na Oberholzer in Carletonville waar hy ‘n groot rol speel in die sendingaktiwiteite.

1n 1964 maak die Hemelse Vader ‘n wonder- like deur oop toe hy beroep word as organiserende sendingsekretaris in die Vrystaatse Kerk.

Na agt jaar in die sendingkantoor in die Vry- staat word dr Johan in 1971 die tweede sekretaris vir sending van die Algemene Sinode in Pretoria, ‘n taak wat hy met oorgawe en wysheid verrig en vir hom ‘n geestelike ryk en vol lewe bring. Toe dr Johannie Cronje op 31 Augustus1979 emeriteer word hy senior navorser by ISWEN, ‘n gewaar- deerde instituut waar die NG Kerk en die Universiteit van Pretoria saamwerk met sendingweten- skaplike navorsing. Hier skryf hy verskeie boeke oor die buitelandse sending. ‘n Huldigingsbundel word in 1989 met sy 75ste verjaarsdag aan hom oorhandig. Later word sy harde werk lank na sy aftrede in 1993, bekroon met die kanselierstoe- kenning by Tukkies. Uit dr Johannie en Marthie Cronjë se huwelik is drie kinders gebore: Elise is ‘n onderwyseres en getroud met David van Wyk. Hennie is professor in ginekologie aan die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein en getroud met Liesel Bremer. Marina is ‘n maatskaplike werker en getroud met Jannie Zaaiman.

Op 31 Mei 1989 necm dr Johannie en sy vrou Marthie hulle intrek in die Ruimtesig-aftreeoord in Faerie Glen, Pretoria. Hier is hulle besonder gelukkig, waar sy op 16 Mei 1996 oorlede is. Dr Johannie sterf op 5 Desember 2006 en ‘n dankdiens word op 8 Desember 2006 in die NG Gemeente Valleisig in Pretoria gehou. Op ‘n treffende wyse kom die Blye Evangelie ook tereg toe ‘n treffende boodskap deur dr Gideon van der Watt, sendingsekretaris van die NG Kerk in die Vrystaat. In 2004 toe dr Johannie 90 jaar oud was, het die Reformed Church in Zambië versoek dat hy in Zambië begrawe word op Madzimoyo, die sendingstasie waar hy werksaam was “sodat ons hom kan op-pas”. Dit is aan die gryse sendingheer oorgedra en hy het met dankbaarheid daartoe ingestem.

Op 22 Desember 2006 is sy gebalsemde lyk per vliegtuig na Lusaka geneem, waar die Reformed Church in Zambië in Lusaka dit in ontvangs geneem en begrawe het.

Ds. Pieter de Wet, ‘n ander geliefde sendingman met ‘n groot hart vol liefde vir God se Koninkryk, vat ons almal se gevoel saam as hy aan die geliefde dr Johannie Cronjé dink. Hy verwoord dit in die Chinyanja-taal van Zambië: “Pitani bwino zikomo kwambili – Mooi loop, baie dankie.” (Jaarboek 2008/391).