Cronje, Jacob Christoffel

Gebore

31 Mei 1928

OORLEDE

17 Mrt. 2017

UNIVERSITEIT

BA (US)

gelegitimeer

1953

ORDEN

1955

STANDPLASE

1955 Marydale

1960 Brandvlei

1965  Simon van der Stel

1970 Keimoes

1975 Brandwacht

EMIRITEER

27 Junie 1988

Ds. Jacob Christoffel (Japie) Cronje is op 31 Mei 1928 op Albertinia gebore as die seun van Jacob Christoffel Cronje en Cornelia Maria Wiehman. Hy woon van 1936 tot 1942 die skool op Keurfontein, Albertinia by en in 1946 matrikuleer hy aan die Hoërskool Albertinia. In 1949 behaal hy sy BA aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy tree in die huwelik met Johanna Francina Smalberger (oorlede 19 Sept 2017) en vier kinders is uit die huwelik gebore.

Hy word in 1953 gelegitimeer en word op 12 Februarie 1955 georden in sy eerste gemeente Marydale. In 1960 verhuis hul na Brandvlei en in Januarie 1965 na Simon van der Stel. Op 10 Julie 1970 word hy op Keimoes bevestig en op 4 April 1975 op Brandwacht. OP 27 Junie 1988 emeriteer hy. (Geskryf deur Andrew Kok).