Gebore
15 Sept. 1897
OORLEDE
13 Sept. 1974
UNIVERSITEIT
US
gelegitimeer
1923
ORDEN
1929
STANDPLASE
1924 Sekr. C.S.V.
1929 Grahamstad
1938 Loxton
1941 Rondebosch
1948 Stellenbosch
1951 Hoofsekretaris. C.S.V.
EMIRITEER
1963
Ds. Willem Stephanus Conradie wat 1963 uit die aktiewe bediening getree het, sterf 13 September 1974 twee dae voor sy 77ste verjaardag op Stellenbosch. Na sy akademiese en toelogiese vorming op Stellenbosch, word hy 1923 gelegitimeer. Van 1924 tot Mei 1929 is hy sekretaris van die Christenstudentevereniging en daarna bedien hy Grahamstad (1929); Loxton (1935); Rondebosch (1941) en Stellenbosch (1948) met groot toewyding en seën. Vanaf 1954 tot sy aftrede is hy hoofsekretaris van die CSV. Hy gaan egter steeds met geestelike werk voort deur in verskeie gemeentes hulpdiens te verrig. As knap student, ywerige werker, innige gelowige en beskeie, hoflike mens het hy in wye kringe agting afgedwing. Sy prediking en getroue besoekwerk, sowel as sy pennevrugte is deur diepte en erns gekenmerk en hy was al om geliefd. (Jaarboek 1975/F3).
Hy was getroud met Susara Catharina Wessels. Hul dogter Margaretha was getroud met ds George Euvrard Hugo.