Gebore
–
OORLEDE
1 Mrt. 1982
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
–
ORDEN
–
STANDPLASE
1980 NGKA-gemeente Alexandra, Johannesburg
EMIRITEER
–
Ds Frederik Hendrik (Frikkie) Conradie (+1.3.1982); sedert 1980 medeleraar van ds. S P E Buti in die NGKA-gemeente Alexandra in Johannesburg, is op 36-jarige leeftyd naby Ventersdorp, op pad na die siekbed van sy vader op Lichtenburg, in ‘n motorongeluk dood. Hy het op Potchefstroom, in Pretoria en later in Nederland gestudeer. Omdat hy (1979) in ‘n gemeente in Nederland georden en daarvandaan na ‘n gemeente van die NGKA beroep is, sonder dat hy voor die eksamenkommissie van die Moederkerk verskyn het, was hy nie in laasgenoemde Kerk beroepbaar nie – die enigste geval van die aard tot dusver. Hy was baie gewild in sy gemeente en na sy skielike heengaan het iemand gesê: “Die hele Alexandra treur”. (Jaarboek 1983/260).