
Gebore
24 Okt. 1922
OORLEDE
11 Jan. 1978
UNIVERSITEIT
Dipl. Teol.
gelegitimeer
1951
ORDEN
1952
STANDPLASE
1952 Boschpoort
1957 Decoligny (Transkei-Sending)
1959 Odendaalsrus
1963 Hoopstad
12 Apr. 1969 Potchefstroom-Vyfhoek
EMIRITEER
–
Ds David Johannes (Dawie) Conradie (24.10.1922 – 11.1.1978); wat 12.12.1977 weens swak gesondheid en na etlike groot operasies geëmeriteer het, sterf in ‘n brandende pakkamer op sy plaas by Hazyview naby Witrivier. Hy was uit die distrik Hoopstad afkomstig, waar hy sy laerskoolonderrig op ‘n plaas ontvang. ‘n Hollandse egpaar sorg vir sy hoërskoolopleiding en hy matrikuleer op Kroonstad. Daarna werk hy in die Algemene Hospitaal in Pretoria en tydelik by die Onderwysdepartement, terwyl hy intussen, deur bemiddeling van die Vereniging vir Evangeliegesindes, een van die eerste studente is wat die admissiekursusaan die buitemuurse afdeling van die Universiteit van Pretoria volg. Na sy verdere opleiding aan die Teologiese Fakulteit aldaar en sy legitimasie 1951, bedien hy 1952-1957 die gemeente Boschpoort, waar al die noodsaaklike kerklike geboue en ook die Hulpskemahuise tydens sy verblyf opgerig is. Verder dien hy in die Gefedereerde Sondagskool-kommissie en in die Sinodale Jeugkommissie van Transvaal. Daarna staan hy in diens van die Transkei-sending op Decoligny, waar hy twee sendingstasies gelyktydig behartig en ook as stasiehoof, boer en dosent optree. In 1959 keer hy na die Moederkerk terug om agtereenvolgens leraar van Odendaalsrus, Hoopstad (1963) en die pasgestigte Potchefstroom-Vyfhoek (1969) te word. Terwyl hy in sy laaste gemeente staan, word hy ook voorsitter van die Sinodale Sendingkommissie van Wes-Transvaal. Hy was ‘n ernstige en toegewyde herder en leraar, wat hom veral vir die Sending, maar ook vir verskeie ander kerklike werksaamhede beywer het, o a ook as medewerker van Die Kerkbode (Jaarboek 1979/266).