Gebore
28 Sept. 1837
OORLEDE
19 Okt. 1931
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1881
ORDEN
1881
STANDPLASE
EMIRITEER
1914
Eerw. Auke Compaan is op 28 September 1837 te Leeuwarden, Holland, gebore. Sy jongelingsdae het hy as matroos in die seediens deurgebring. In 1855, in Suid-Afrika aangekom, het hy hom in die begin aan die onderwys gewy en wel in die Winterberg, distrik Murraysburg. Daarna was hy twaalf jaar lank as ongeordende sendeling op Graaff-Reinet werksaam. Aan die einde van die twaalf jaar is hy as onderwyser na Swanepoelspoort in die Aberdeense gemeente. Dog die Sendingkerk van Graaff-Reinet het hom teruggeroep, en om die gemeente behoorlik te bearbei is hy na Stellenbosch vir verder studie en daar is hy op 19 April 1881 as sendeling toegelaat en ‘n paar dae later georden. Na sy terugkeer het Eerw. Compaan vier-en-dertig jaar onafgebroke in die Graaff-Reinetse gemeente gearbei. Swaar en moeilik het dit dikwels gegaan, dog getrou bygestaan deur sy eggenote, het hy die hand aan die ploeg gehou en tot die einde volhard en met kenbare seën gearbei. Hy het ook onderwys gegee in die Sendingskool wat hy uit sy eie assuransiegeld gebou het. Ook op die Klipplaat-junksie en in die lokasie van Graaff-Reinet staan kerkgeboue wat vir ‘n groot deel uit sy sak deur homself vir die kleurlinge gebou is. Eerw. Compaan was sy hele lewe lank ‘n heftige kampvegter teen die drank en die dronkenskap. Vir jare agtereen was hy ‘n erkende leier in die Middellande op afskaffingsgebied. En in hierdie verband is dan ook meer as eenmaal op tasbare wyse aan hom erkentlikheid betoon. In 1914 het hy emeritusgeword en gedurende die laaste week van Oktober 1931 is hy in die hoë ouderdom van 94 jaar op Graaff-Reinet sy ewige rusingegaan. (Jaarboek 1932).