
Gebore
14 Jan. 1921
OORLEDE
5 Jul. 2013
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1945
ORDEN
1946
STANDPLASE
1948 Uitenhage
1950 Uitenhage-Noord
1955 Johannesburg-Noord
1958 Algoapark
1960 Noordoos-Rand
1962 Upington
1964 Riebeeck-Wes
1968 Worcester-Vallei
1974 Bronberg
EMIRITEER
1982
Pieter Combrink is op 14 Januarie 1921 te Niekerkshoop gebore – ‘n plaasseun, wat altyd sy liefde vir die wye vlaktes sou behou. Sy voorouers kom uit die Vrystaat, waar sy vader as jong man in die Anglo-Boereoorlog veg. Hy is Michiel Johannes Combrink – wat vir krygsdiens opgeroep, gevang en as krygsgevangene na Bermuda gestuur is. Pieter se moeder is Hester Sophia Grobbelaar, wat na die konsentrasiekamp in Kimberley gestuur is.
Die jong Pieter begin in 1933 sy skoolopleiding aan die Laerskool Niekerkshoop en hy vertrek in 1937 na die Hoërskool Prieska waar hy in 1938 matrikuleer. Hy blink uit in rugby en is betrokke by die C S V. Hy voel van kleins afgeroepe vir die evangeliebediening, en sy pad loop in 1939 na die Universiteit Stellenbosch, waar hy aan die einde van 1941 ‘n BA-graad verwerf en toegang verkry tot die Teologiese Seminarium.
Na ‘n besonderse vier jaar word 18 jong manne op 13 Desember 1945 tot die bediening toegelaat. Onder die proponente is latere bekende leraars in die NG Kerk – onder meer ds JMN Breedt, ds HC Kinghorn en ds HAA Lamprecht. Dit sluit ook twee latere politieke figure in – dr AP (Andries) Treumicht en NF Treurnicht.
Pieter Combrink trou op 12 Januarie 1944 met Machel Johanna Noeth, en uit diê huwelik is daar vyf kinders gebore —vier dogters: Annette, Terphia, Magda, Petra. En ‘n seun, Michiel, wat na sy oupa vernoem word.
Prop Combrink word op 9 Februarie 1946 met handoplegging in die NG Gemeente Molteno bevestig. Na slegs twee jaar aanvaar hy ‘n beroep na die NG Moedergemeente Uitenhage, waar hy saam met twee medeleraars werk ds W Fullard en ds PJJS Els. Dit was ‘n geseënde dienstyd – en met die Pinkster in 1950 kom meer as 300 mense tot bekering.
Met die afstigting van die NG Gemeente Uitenhage-Noord word hy op 30 September 1950 hulle eerste leraar. Op een dag stig daar drie gemeentes van die Moedergemeente af: UitenhageNoord, Uitenhage-Oos en UitenhageDe Mist.
Na vyfj aar word Pieter geroep na die NG Gemeente Johannesburg-Noord, waar hy op 16 April 1955 bevestig word. Dit is ‘n gemeente met groot uitdagings, in die hart van die Goudstad. Ook hier beleefhy ‘n wonderlike dienstyd, onder meer toe ‘n aantal Jode tot bekering kom. Op 12 April 1958 keer Pieter terug na die Oos-Kaap, toe hy gelei word om ‘n beroep na die NG Gemeente Algoapark in Port Elizabeth te aanvaar. Tog lei sy pad weer terug na die Rand, toe hy op 9 April 1960 die leraar by die NG Gemeente NoordoosRand word. Hiema lei die Here hom na
die NG Gemeente Upington, waar hy op 14 Julie 1962 die leraar word.
Na slegs twee jaar daar verhuis die gesin na die Swartland, toe hy op 6 Desember 1964 leraar word by die NG Gemeente Riebeek-Wes – ‘n klein dorpie en die geboorteplek van twee Eerste Ministers: DF Malan en JC Smuts. Op 12 Julie 1968 word Pieter leraar by die NG Gemeente Worcester-Vallei. Hiema word hy geroep na die NG Gemeente Bronberg, ‘n stadsgemeente in Sunnyside, Pretoria, waar hy op 9 Maart 1974 bevestig word. Hier werk hy tot op 10 Februarie 1982, en hy aanvaar sy emeritaat na ‘n dienstyd van 36 jaar in 10 gemeentes.
NaPieter se aftrede verhuis hy en sy vrou na die Boland en hy woon op Somerset-Wes (1982-1987); waar hy ses jaar lank deeltyds leraar is. Hulle verhuis na die Strand (1987-1996); waar hy agt jaar lank pastorale hulp in twee tehuise vir bejaardes is. Daarna verhuis hy na Monumentpark in Pretoria. Sedert 2000 woon hulle in die Altena aftree-oord in die Strand, waar hy op 5 Julie 2013 sterfen begrawe word. —Dr Gerdrie van der Merwe VDM (Jaarboek 2013/387)