Combrinck, Willem Joubert

 

Gebore

27 Mei 1881

OORLEDE

Okt. 1947

UNIVERSITEIT

Lis Teol.

gelegitimeer

1908

ORDEN

1913

STANDPLASE

Masjonaland

EMIRITEER

1941

Eerw. Willem Joubert Combrinck is op 27 Mei 1881 gebore. Aan die Sending-Instituut te Wellington het hy in die teologie gestudeer en aan die einde van 1908 is hy gelegitimeer. Daar hy hom tot die buitelandse sendingwerk geroepe gevoel het, is hy in 1909 na Mashonaland waar hy sy lewe in diens van die Meester op die altaar gelê het. Hy was op verskeie stasies werksaam. Na hy ‘n tydjie op Morgenster was, is hy na Nyanjina waar hy tot 1915 gestaan het. Gedurende die tyd is hy ook georden, en daar hy die verteenwoordiger van die gemeente Victoria-Wes was, het die plegtigheid op 11 Januarie 1913 in genoemde gemeente plaasgevind. Hy het op die volgende stasies verder gewerk: Zimuto (1915-1917); Pamushana (1917-1918); Zimuto (1918-1922); Morgenster (1922-1927); Gutu (1927-1938) en Jichidza (1938-1941); Op 1 Maart 1941 het hy sy emeritaat aanvaar, maar hy het nie gaan rusnie. Hy was bereid om te Springbok, Namakwaland, te gaan werk, en daardie werk het hy voortgesit tot kort voor sy dood. Hy was ‘n toegewyde en ‘n harde werker. Hy het hom heelhartig in belang van siele beywer. Sy lewe was verder gekenmerk deur innige vroomheid en godsvrug. Hy is in Oktober 1947 oorlede. (Jaarboek 1948).