Coetzer, Petrus Jacobus

 

Gebore

10 Mrt. 1952

OORLEDE

14 Mei 1991

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

ORDEN

STANDPLASE

Vryheid-Wes

EMIRITEER

Hy is gebore in Alberton en matrikuleer aan die Hoërskool aldaar. Hy verwerf die BA-graad aan die Potchefstroomse Universiteit vir CHO in Mei 1974, word gelegitimeer in 1978 aan die Teologiese Fakulteit van Pretoria. In 1976 is hy getroud met Bets Nel. Hulle het drie seuns gehad. Na sy militêre diensplig in 1979 dien hy eers (sedert 1979) in die gemeentes Okahandja en sedert Januarie 1984 in Vryheid-Wes. Hy het met groot ywer gearbei en was baie toegewyd aan sy roeping. Mettertyd het hy egter sielkundige probleme ontwikkel waarvoor hy behandeling ontvang het. Hy is skielik op 14 Mei 1992 op tragiese wyse oorlede. Dit was ‘n groot skok vir sy geliefdes en vir die gemeente. (Jaarboek 19  ).