Coetzee, Pieter Hendrik

 

Gebore

28 Mei 1897

OORLEDE

1 Aug. 1988

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1926

ORDEN

1927

STANDPLASE

Petrusburg

1931 McLachlan

1942 Leipoldtville

1947 Machadodorp

EMIRITEER

1962

Ds. Pieter Hendrik Coetzee is te Hartebeesspruit, distrik Belfast gebore as die seun van ‘n besonder kerkliewende en gesiene familie. Na sy studies aan die Teologiese Kweekskool te Stellenbsoch, lê hy sy proponentseksamen aan die einde van 1926 af. Na sy legimitasie op 2 Desember 1926 was hy vir ‘n tyd hulpleraar in die gemeente Heidelberg, Transvaal. Ds. Coetzee het dit as ‘n besondere voorreg beskou om ervaring op te doen onder wyle ds. A J Louw, toentertyd nog leraar van Heidelberg. Dit was ook vir hom ‘n groot en besondere ondervinding om met so ‘n groot aantal jongmense in die onderskeie inrigtings, skole, hoërskole en onderwyskollege te Heidelberg kennis te maak. Gedurende 1927 neem hy ‘n beroep na Petrusburg aan waar hy op 28 Mei bevestig is. Hier wy hy sy kragte aan die gemeente in die jare 1927-1930. In 1930 moes hy sy emeritaat aanvaar a g v swak gesondheid. In 1931 verbeter sy gesondheid sodanig dat hy ‘n beroep na McLachlan in die distrik Knysna aanvaar. Hier het hy met ‘n lusen ywer gearbei en O. a ‘n aandeel gehad aan die bou van kerk en kerksaal. Hy tree ook op as een van die feesredenaars by die Voortrekkerfees. Na 11 jaar van geseënde bediening in McLachlan, het hy in 1942 ‘n beroep na Leipoldtville aangeneem. Hier het hy vir sowat vyf jaar diep spore getrap (1942-1947); Dit was vir hom ‘n groot vreugde toe hy in 1947 kon terugkom na sy geboortewêreld, die Transvaal. Hy het ‘n beroep na Machadodorp aanvaar. Hier het hy die laaste 15 jaar van sy bediening deurgebring. Hy was bekend vir die sterk evangeliese klank van sy prediking. In sy omgang met mense was hy altyd nederig, hoflik en vriendelik en hy het gevolglik ‘n groot vriendekring onder oud en jonk gehad. Hy het ook die saak van die sending liefgehad en hom daarvoor beywer. In 1972 vertaal hy Ruth Paxson se boek: “Die werk deur die Heilige Gees” in Afrikaans. In 1962 aanvaar hy sy emeritaat en gaan vestig hom op sy plaas te Schagen, in die gemeente Alkmaar. Na sy aftrede het hy nog afgelos in die gemeentes Magaliesberg, Krokodilrivier en Orkney. Sy vrou, Christina Aletta de Villiers, is in 1983 oorlede. Hy word oorleef deur ses kinders. Twee van sy seuns is in die bediening en sy een dogter was met Ds. T G Pelser getroud. Ds. Coetzee is op sy geboortedorp begrawe. (Jaarboek 1990/290).