Gebore
02 Des. 1962
OORLEDE
17 Jul. 2000
UNIVERSITEIT
BA, BTh
gelegitimeer
1987
ORDEN
1989
STANDPLASE
1989 (kpl. SANW) Saldanha
1997 Kimberley-Vooruitsig
1999 Kimberley-Militêr
EMIRITEER
–
Hugo Coetzee is op 2 Desember 1962 in Pretoria gebore. Sy vader is oorlede in ‘n motorongeluk toe hy drie jaar oud was. Sy moeder Lynette, wat ‘n bekende oudonderwyseres van die ES le Grangeskool was, moes Hugo alleen grootmaak.
Hy het die Laerskool Bailliepark bygewoon, waar hy onderhoofseun was, en het aan die Hoër Volkskool op Potchefstroom gematrikuleer. Hugo het tydens sy studentejare op Potchefstroom die BA-graad, met Grieks en Bybelkunde as hoofvakke, in 1983 behaal en in 1986 die BTh-graad aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi. Hy het in Homiletiek gespesialiseer en sy tesis het gehandel oor: “Die appel van die prediker in godsdienstige programme van die radio en televisie.”
Hy is aan die einde van 1987 gelegitimeer en het in 1988 en 1989 sy diensplig verrig. Daar was hy aan die Militêre Akademie verbonde.
Sy predikant bediening het in 1989 as kapelaan in die vloot begin. Dit was onder besondere omstandighede wat hy kapelaan geword het. Hy was nog besig met sy tweede jaar van diensplig, toe hy op die gebruiklike wyse beroep is. Die Kapelaan-Generaal wou dit egter nie goedkeur nie, sodat ds. Coetzee vir ‘n tweede keer beroep is. Die keer is die aansoek wel goedgekeur. Hy was vir agt jaar ‘n geliefde predikant en het in die tyd met Veronica Chisholm in die huwelik getree. Hulle het twee dogters: Victoria en Gillian.
In Augustus1999 is hy na Kimberley-Militêr verplaas. Hoewel die gesin aan-passingsprobleme gehad het, het ds. Coetzee hard gewerk. Hy het ‘n passie vir mense gehad en dit uitgeleef deur die San-mense van Smitsdrift te besoek en met oorgawe aan hulle die boodskap te bring. Hy het ‘n noue verhouding met hulle gevorm en kon eindelose staaltjies oor hulle vertel.
Die veranderings in die Suid-Afrikaanse Weermag het ds. Coetzee negatief geraak en hy moes aan die einde van Julie 2001 ‘n uittrede-pakket aanvaar. Om die omskakeling vir hom makliker te maak, is hy tydelik na Gordonsbaai gestuur om sy sake in orde te kry.
In 2000 het hy egter twee heupvervangings-operasies ondergaan weens osteoartritis. Op Gordonsbaai het hy skielik siek geword en kort daarna in 2 Militêre Hospitaal op Wynberg aan asma, long versaking en ‘n hartstilstand gesterf. Met sy afsterwe op 17 September 2000 was hy skaars 39 jaar oud. Hy is veras en ‘n huldiging diens is op Saldanha gehou.
Ds. Hugo Coetzee het maklik met mense omgegaan en veral die vertroue van die jongmans in die vloot gewen. Sy preke is goed ontvang en hoog aangeslaan. – Dirk Viljoen aan die hand van ‘n gesprek met sy moeder en ‘n berig in Beeld en die Potchefstroom Herald. (Jaarboek 2001/336).