Gebore
27 Nov. 1904
OORLEDE
Febr. 1956
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1931
ORDEN
1932
STANDPLASE
Soedan-Sending
1947 Tsitsikamma
EMIRITEER
–
Ds. Evert PhilippusDu Plessis Coetzee is op 27 November 1904 in die distrik Humansdorp gebore. Na sy legitimasie in 1931 is hy na die Soedan-sendingveld, waar hy 15 jaar lank met groot toegewydheid en veel seën gearbei het. In 1947 moes hy weens swak gesondheid die veld verlaat, en het hy ‘n beroep na die gemeente Tzitzikamma aangeneem. Daar het hy weer met dieselfde toegewydheid gearbei tot sy dood in Februarie 1956 in sy 52ste jaar na ‘n baie ernstige operasie. Tot aan sy dood het hy sy liefde en belangstelling vir die Soedansendingveld behou en hom vir die saak beywer. (Jaarboek 1957).