Gebore
14 Jul. 1928
OORLEDE
Des. 1991
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1960
ORDEN
1961
STANDPLASE
1962 Vrede-Wes
EMIRITEER
–
Dr PetrusCorneliusCloete, BA, MA, DPhil, (14 Jul. 1928-12.1991); Dr Piet Cloete voorheen predikant in Sinodale Diens met opdrag Ampsbediening en Evangelisasie in die Vrystaat, is na ‘n kort siekbed oorlede. Dr Cloete het net na, die Sinode van die Vrystaat griep opgedoen en later in die week ook dubbele longontsteking waaraan hy oorlede is. Dr Cloete het die Vrystaatse Kerk op ‘n wye terrein sedert 1962 gedien en staan onder andere bekend as die eerste predikant in die Vrystaat wat in 1967 met die kleingroepbespreking in wyksbyeenkomste begin het. As plaasseun van Griekwastad moes hy reeds in st 8 die skool verlaat as gevolg van die afsterwe van sy vader. Met deeltydse studie, terwyl hy werksaam was by die destydse Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hawens en die Departement van Justisie, behaal hy in 1947 sy matriek. Sewe jaar later het hy voltyds op Stellenbosch gaan studeer en aan die einde van 1960 is hy gelegitimeer. Dr Cloete het in 1961 sy bediening in Johannesburg-Oos (Irenekerk) begin. ‘n Jaar later is hy in die gemeente Vrede-Wes bevestig. Daarna het hy die gemeente Hugenoot in Bloemfontein bedien. In die tydperk behaal hy die grade MA en DPhil aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat. In 1977 is hy in die gemeente Noordrand, Bloemfontein, bevestig. Sedert 2 April 1980 was hy predikant in Sinodale Diens met opdrag Ampsbediening en Evangelisasie. As gevolg van swak gesondheid moes dr Cloete op 22 Junie 1988 sy emeritaat aanvaar. Toe die Sinodale Kommissie egter besluit om sy pos tydelik te bevries, het hy ingewillig om die werk op ‘n deeltydse basis voort te sit tot die Vrystaatse Sinode weer in September 1991 sou vergader. Te midde van swak gesondheid en voortdurende mediese behandeling, het hy die werk vlot laat Verloop. “Dr Piet het hom daarop toegelê om hom, soos Paulusaan Timoteusgesê het, beskikking van God te stel as ‘n arbeider wat hom vir sy werk nie hoef te skaam nie’.” (- J F le Roux) (Jaarboek 19 ).