Cloete, Ockert Almero * 1905

 

Gebore

30 Aug. 1905

OORLEDE

11 Aug. 1991

UNIVERSITEIT

MA (US)

gelegitimeer

1931

ORDEN

1932

STANDPLASE

Umtata-Kokstad (Hpr.) 1934 Glen Lynden

1941 Port Elizabeth-Wes

1944 Uitenhage

1947 Somerset-Wes

1964 Hanover

EMIRITEER

1970

Ds. Ockert Almero Cloete, MA, (30 Aug. 1905- 11 Aug. 1991); Ds. Ockie Cloete is in die ouderdom van 85 jaar in die Karl Bremer-hospitaal na ‘n siekbed van twee maande oorlede. Ds. Cloete het sy teologiese studie aan die Kweekskool op Stellenbosch in 1931 voltooi en was daarna leraar in die volgende gemeentes: 1932 Elliot (hulpprediker); 1932 Umtata-Kokstad-kombinasie, 1934 Glen Lyden, 1941 Port Elizabeth-Wes, 1944 Uitenhage, 1947 Somerset-Wes en 1964 Hanover. Nadat hy sy emeritaat in Desember 1970 aanvaar het, het hy nog vir ses jaar in Nieu Bethesda naby Graaff-Reinet waargeneem.

Ds. Cloete word oorleef deur sy vrou, Erika, en vyf kinders. Sy oudste steun, Almero, en een van sy skoonseuns, Koos Oosthuysen, is predikante van die Ned Geref. Kerk en onderskeidelik betrokke by Mfesane en die Xhosa-Bybelvertaling. Syne was waarlik ‘n vrugbare lewe in diens van die Here. (- Die Kerkbode) (Jaarboek 1985).