Gebore
27 Jan. 1913
OORLEDE
26 Des. 1992
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1935
ORDEN
1937
STANDPLASE
Zionskerk (Hpr.)
1938 Zionskerk
1941 Veldprediker
1946 Wynberg (Militêre Kamp)
1947 Voortrekkerhoogte
1950 Veldprediker (Korea)
1952 Militêre Kamp Wynberg
1957 predikantstatusontvang
1958 Wynberg (Militêre Kamp)
1960 Kapeleen-Generaal SA Polisie
Pretoria en vanaf 1967 Medeleraar Bronberg
EMIRITEER
1975
Na ‘n lang siekbed is ds. Cloete in Huis Mimosa op De Doorns oorlede. Hy het in die Paarl skoolgegaan en ‘n universiteitsopleiding geniet wat hom die statusvan eerwaarde verleen het.
Hy het in die volgende gemeentes gedien: Zionskerk Paarl as hulpprediker (1937); veldpredikant in die leër (1941 gedurende die oorlog); Wynberg, Militêre Kamp (1946); Voortrekkerhoogte (1947); veldpredikant in Korea (1950); Wynberg, Militêre Kamp (1952); In 1957 ontvang hy predikantstatusen word daama Polisiekapelaan van Transvaal (1960); Op versoek van die Breë Moderatuur word hy verbind aan die gemeente Blouberg as medeleraar. Op 16 Februarie 1975 aanvaar hy demissie en het die egpaar Cloete hul le op De Doorns, gevestig.
Oor hom skryf Gideon Joubert van Die Burger soos volg: “Altyd netjies in sy uniform, kersregop, met blou oë, stal onthou ons `Droompie’ Victor Cloete, indertyd kapelaan van die Weermag en later Polisie-kapelaan-generaal. Maar hy was ‘n man met ‘n wonderlike deernis vir sy medemens. ‘n Geliefde leraar, deur almal bemin en geag. Van die ouer geslag in die Weermag en Polisie is daar min mense wat hom nie met dankbaarheid en waardering onthou nie.
“In die Koreaanse oorlog was hy altyd by as ons vlieëniers opgestyg het. Baie het ‘ n oomblik met geboë hoof by die vliegtuig saam met Doompie gestaan terwyl hy ‘n kort gebed gedoen het voordat op ‘n lewensgevaarlike vlug vertrek is. Vir sommige was dit die laaste gebed en die laaste opstyging.
“Baie het nie teruggekeer nie. Vir gespanne en moeë vlieëniers was dit ‘n riem onder die hart om die eensame figuur op die aanloopbaan te sien wat hulle inwag as hulle neerstryk. Van diegene wat jare later teruggekom het nadat hulle ‘n wroegende tyd in krygsgevangekampe deurgebring het, het vertel hoe Doompie se gebede hulle onderskraag het. Hulle het geweet hy bid vir hulle.
“Reeds in die Tweede Wêreldoorlog het Doompie ‘n legende geword. In 1940 het hy kapelaan van die NG Kerk geword. Hy het al die belangrike veldslae saam met ons troepe in Noord-Afrika, Italië en Suid-Europa meegemaak.
“In een van die verwoede veldslae in die Appenyne van Noord-Italië het hy gehoor dat ‘n aantal soldate aan die voorste gevegslinie swaar gewond is en hulp dringend nodig het. Ondanks die moordende masjiengeweer vuur wat die vyand volgehou het op die plek waar die soldate geleë het, het ds. Cloete ‘n Rooikruisvlag geneem en daarheen begin kruip.
“Die vyand het nie die vlag ontsien nie en telkemale die wêreld om hom vol lood gesaai terwyl hy teen die bult van boom tot boom afgekruip het. Met die koeëlreën het hulle hom langer as ‘n uur van die gewondes weggehou.
“Eindelik is die vyand deur die voorste troepe teruggedryf. Toe kon ds. Cloete, nog altyd onder hewige geweervuur, die gewondes bereik en help verpleeg. Vir hierdie daad het hy in 1944 die Militêre Kruis ontvang.
“In sy dienstermyn in die Weermag het hy onder meer die Medalje vir Troue Diens en die Suiderkruis dekorasie ontvang, asook die Militêre Kruis vir Dapperheid, die Italië-ster, die Afrika-ster, die 1939-1945-Ster, die Britse Verdedigingsmedalje, die Britse Oorlogsmedalje en die Afrika-Diensmedalje. Die Ulchidekorasie van die Republiek van Korea, en die Amerikaanse Brons Ster-dekorasie is ook aan hom toegeken. Daarbenewens het hy die Verenigde Nasies se Diensmedalje en die Korea War Service Medal ontvang.
“In 1960 het hy Kapelaan-Generaal van die Polisie geword, met die groot taak om ‘n kapelaanskorps vir die Polisie op te bou.
“‘n Senior polisieman het onlangs van hom gesê:`Vandat hy in die Polisie gekom het, het hy met sy diepe menslikheid en nederigheid in die harte van elke polisieman van die hoogste tot die laagste rang, ‘n liefdevolle plek beklee.’ “Hier het hy ook die Polisiester vir Voortreflike Diens en die Polisiester vir Verdienste ontvang. Hy was die eerste man in die Poli sie wat die Polisiemedalje vir die Bekamping van Terrorisme ontvang het.
“Ds. Cloete se warme vriendelikheid en menslikheid het van hom ‘n uiters gewilde kapelaan en vertroueling gemaak. Die Cloetes het geen kinders gehad het. Mev Anna Cloete, ‘n nooi Orlandini, was ‘n sendingdogter uit Rhodesië en ‘n opgeleide maatskaplike werker. Sy het haar man al die jare bygestaan.” (Jaarboek 1994/377).