Claassens, Jacob Abraham

Ds. Claasens Jacob

Gebore

28 Des. 1919

OORLEDE

1 Jan. 1985

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1946

ORDEN

1947

STANDPLASE

 Lydenburg

1948 Boschpoort

1951 Wolmaransstad

1958 Lichtenburg

1962 Delareyville-Oos

1967 Windhoek-Hoogland

1970 Bultfontein

1974 Riversdal

EMIRITEER

1984

Claassens, Jacob Abraham (Japie) (*28 Des. 1919 – +1 Jan. 1985); wie se bediening van 38 jaar in ‘n Oos-Transvaalse gemeente begin en in een in Suid-Kaapland geëindig het, het origens ook in vier Wes-Transvaalse gemeentes, een in Suidwes-Afrika en een in die Vrystaat gestaan. Hy was ‘n seun van Ficksburg en “n matrikulant van die Voortrekker-Hoërskool op Bethlehem. Die roeping tot die evangeliebediening wat hy in sy st 9-jaar ontvang het, word by ‘n CSV-konferensie op Kroonstad bevestig en hy gaan Pretoria toe waar hy sy studie einde 1946 voltooi, om op 31 Mei 1947 in sy eerste gemeente, die historiese Lydenburg, bevestig te word. Daarna geniet Bospoort (Desember 1948); Wolmaransstad (Desember 1951) en Lichtenburg (Januarie 1958) agtereenvolgens die voordeel van sy diens, totdat hy in Augustus1962 die eerste predikant van Delareyville-Oos word. Daarna kom Windhoek-Hoogland (April 1967); Bultfontein (Junie 1970) en Riversdal (April 1974) aan die beurt. In laasgenoemde gemeente begin hy met sy gesondheid sukkel en op 22 Jan. 1984 aanvaar hy sy emeritaat. Mev Claassens en hy vestig hulle op Bethulie, maar nog nie ‘n volle jaar na sy aftrede nie breek die ewige more met die aanbreek van die jaar 1985 vir hom aan. (Jaarboek 1986).