Gebore
1855
OORLEDE
13 Jun. 1938
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1880
ORDEN
1890
STANDPLASE
Murraysburg
1904 Beaconsfield
EMIRITEER
1974
Eerw. StephanusJohannes Cilliers is in 1855 te Bovenvallei in die gemeente Wellington gebore. Na sy opleiding as onderwyser te Stellenbosch het hy hom met vrug aan die onderwys te ViIliersdorp, Caledon en Oudtshoorn gewy. In 1880 is hy terug na Stellenbosch om sy studies as sendeling te voltooi. Na sy sendelingseksamen in 1882 het hy te Villiersdorp en Herbertsdale gearbei. In 1889 het hy die beroep na Murraysburg aangeneem en vir vyftien jaar met seën gewerk. In 1904 is hy te Beaconsfield bevestig, waar hy gestaan het tot 1921, toe hy sy emeritaat aanvaar het, en is stil oorlede te Murraysburg op 13 Junie 1938. Die broeder was een van die veterane wat in die donker dae van die binnelandse sending die fakkel gedra en baanbrekerswerk verrig het, die fondament van die Sendingkerk help lê het – ‘n stewige gebou wat as sieraad en eer vir die Ned. Geref. Kerk ontwikkel het. In 1915 is hy gekies as die eerste Actuariusvan die Sendingkerk en aan hom en Eerw. J. M. N. Breedt is die reusetaak toevertrou om die eerste wetboek van die Kerk persklaar te maak. (Jaarboek 1939).