Cilliers, Pieter Lafras

 

Gebore

12 Okt. 1909

OORLEDE

15 Des. 1989

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1936

ORDEN

1937

STANDPLASE

Porterville (Hpr.)

1939 Leipoldtville

1942 Joubertina

1946 Riversdal

1951 Zastron

1958 Barrydale

1961 Paarl-Vallei

EMIRITEER

1974

Hy is in 1936 gelegitimeer en het op 25 September 1937 sy bediening begin as hulpprediker op Portervine. Op 11 Maart 1939 word by leraar op Leipoldtville, daarna bedien by die volgende gemeentes: Joubertina (1942-1946); Riversdal (1946-1951); Zastron (1951-1958); Barrydale (1958-1961) en vanaf 1961 Paarl-Vallei waar hy op 17 November 1974 sy emeritaat aanvaar het. Hy was ‘n hardwerkende en ywerige bedienaar van die Woord wat met dankbaarheid in die gemeentes waar hy was vir sy toegewyde arbeid onthou word. Hy is op 15 Desember 1989 oorlede na ‘n jarelange siekte wat hy op ‘n voorbeeldige wyse gedra het. Ds. Cilliers se eggenote, Anneke, het jare lank ‘n groot rol in die Kaapse Vrouesendingbond gespeel. Saam het hierdie egpaar veel vermag vir die koninkryk van die Here. Van ds. Cilliers kan gesê word dat hy ‘n voorbeeld van Christelike geduld, selfbeheersing en liefde was. (Jaarboek 1991/284).