Cilliers, Hendrik Rudolph

Gebore

18 Jul. 1911

OORLEDE

18 Sep. 2011

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1938

ORDEN

1939

STANDPLASE

Vryburg (hpr)

1940 Woodstock (hpr)

1941 Woodstock

1944 Tierberg

1948 Maltahöhe

1952 De Aar

1960 Moorreesburg; kpln SAW:

1963 Walvisbaai

EMIRITEER

Hendrik Rudolph Cilliers is op 18 Julie 1911 op die plaas Biesjespoort in die Kakamas-distrik gebore. Hennie se ouers is Jacob PetrusCilliers en Joharma Maria Petronella Margaretha Ludik, geharde en geliefde boere. Hennie was die tweede seun uit sy moeder se huwelik met Jacob PetrusCilliers – uit diê huwelik is daar drie seuns gebore.

Na haar man se afsterwe, trou sy weer en drie dogters word gebore.

Toe Hennie drie jaar oud was, word hy ernstig siek en die dominee en ouderling het vir hom kom bid. besoek het ‘n onuitwisbare indruk op die seuntjie gelaat – en daar het die eerste klanke van sy roeping tot die evangeliebediening tot hom gekom. Die dokter op Kakamas het ‘n hartdefek by die klein Hennie gediagnoseer en daarom sou hy nie verder kon studeer nie. Maar die jong seun was vasberade om te herstel; hy het gereeld geoefen en lang afstande gedraf. Later kon die dokter geen aanduiding van ‘n hartdefek opspoor nie. Die medikUSwas deur die situasie geraak dat hy Hennie later finansieel bygestaan het om vir predikant te gaan studeer.

Hennie matrikuleer in 1931 aan die Harskool Kakamas —met Grieks as een van sy matriekvakke! Hy en sy onderwyser —wat ook die skoolhoofwas —het saam deur die Grieks geworstel.

Hennie se seun, dr KobusCilliers, skryf: “Soos wat Hennie grootgewordhet, het sy roepingsbewustheid net sterker geword. Vir hom was selfs net die gedagte aan enige ander sekulêre werk ondenkbaar. Slegs die bediening van die blye evangelie bly in sy lang leeftyd die hooffokusin sy lewe.”

Op Stellenbosch behaal Hennie in 1935 ‘n BA-graad en hy begin dadelik met sy studie aan die Teologiese Seminarium. Dit was moeilike jare. Die Du Plessis-saak was toe net afgeloop en dit het baie spanning in die NG Kerk gebring. Hennie is aanvanklik ‘n inwoner van Dagbreek-manskoshuis en hy neem aan gimnastiek deel. Kobusskryf: “Dit was vir hom later in sy lewe van groot waarde. Die dissipline wat eie aan gimnastiek is het sy hele lewe gekenmerk. Hy het dikwels opgemerk dat hy naas sy stiltetyd elke oggend sy

oefeninge die getrouste doen.”

Aan die einde van 1938 word Hennie Cilliers as proponent gelegitimeer en op 8 Julie 1939 word hy hulpprediker in die NG Gemeente Vryburg, en op 3 Augustus1940 hulpleraar in die NG Gemeente Woodstock, ‘n Kaapse voorstad. Hier word hy op 13 Mei 1941 as voltydse leraar bevestig.

Op 25 November 1939 trou hy in die NG Moederkerk op Stellenbosch met Susan Ludik, ‘n maatskaplike werker. Uit hulle huwelik is daar vier kinders gebore: Japie, wat onderwys gee en op 21 Maart 1996 aan kanker sterf; Helena Freysen, tans afgetree en woonagtig op Reebok naby Mosselbaai; JohannaMaria Vlok, woonagtig in Pretoria; dr KobusCilliers, die jongste seun, wat as sendeling aan die NG Gemeente Suider-Strand verbonde is, met spesiale opdrag: OMS Internasionaal SA.

Op 3 Junie 1944 word Hennie Cilliers die leraar by die NG Gemeente Tierberg (Parow-Oos); waar hy ds JF Myburgh opvolg. Op 31 Maart 1948 vertrek die gesin na die NG Gemeente MaltahMe in Suidwes-Afrika, waar hy die lidmate in diê uitgestrekte gemeente met liefde en deernis bedien. Hier word daar tydens sy bediening ‘n pastorie gebou, en later twee kerkgeboue in buitewyke. In dië tyd reis hy ongeveer 80 000 myl per motor – benewens sy reise per trein en vliegtuig – in die destydse Suidwes-Afrika.

Op 22 Februarie 1952 word Hennie medeleraar in die NG Gemeente De Aar, en tydens sy bediening daar stig die NG Gemeente De Aar-Noord af; die verfraaiing van die kerkterrein en die herstel van die kerksaal vind ook in diê tyd plaas. Lidmate onthouHennie se avontuurlustige geaardheid – wat hom op ‘n keer genoop het om die hoenderhaan op die kerktoring rna herstelwerk terug te plaas, salig onbewusdaarvan dat hy deur ‘n verkyker dopgehou word! Tydens sy agt jaar-lange bediening op De Aar is Hennie ook by De Aar se kommando betrokke en hy het gereeld skyfgeskiet.

Hiema breek ‘n nuwe hoofstuk in sy bediening aan toe hy ‘n kapelaan in die SAW word. Hy bedien so die NG Gemeente Moorreesburg vanaf 1960, Walvisbaai vanaf 1963, en Walvisbaai-Vesting vanaf1965. Tydens sy bediening het Hennie leiding gegee in verskeie kerklike kommissies en ook by die CMR. Kobusskryf: “By Walvisbaai-Vesting het die geestelike voorbereiding begin vir troepe wat grensdiens en aktiewe oorlogvoering tegemoet sou gaan. Hennie het self ‘n paar keer op die grens diens gedoen en waardevolle ewigheidswerk in SWA en Angola gedoen.”

In 1975 word Hennie as medeleraar na die gemeente by die Lugmaggimnasium in Pretoria beroep. Maar ‘n skerp draai kom op sy lewenspad toe sy vrou in die winter van 1976 in ‘n ernstige motorongeluk in Pretoria betrokke is. Alhoewel sy goed herstel het, het daar tog letsels agtergebly wat haar gesondheid erg geskaad het.

Kobusskryf: “N ‘a die motorongeluk het ‘n ander sy van Hennie Cilliers na vore getree iets wat sy kinders en vriende met verwondering genspireer het: Hy het sy vrou met liefde en groot deernis versorg, tot en met haar afsterwe op 5 Januarie 1993.”

Na sy aftrede verbeter Susan se gesondheid in so ‘n mate dat hulle afloswerk kon verrig in die volgende gemeentes: Kenhardt, Napier, Oranjemund, Aroab, Alexanderbaai en Warmbad (in die destydse SWA); Hy het ook voortgegaan met sy gunstelingstokperdjie, naamlik die herstel van horlosies. Dit het hy gedoen totdat hy in sy negentigs was, en sy oë hom in die steek gelaat het.

Op 80-jarige ouderdom is kolonkanker by Hennie gediagnoseer. Toe hy ra die operasie weer kon Bybel lees, was die teksgedeelte uit Jesaja 38 – waar die Here Hiskia se lewe met 15 jaar verleng – vir hom baie werd. Hennie het altyd met ‘n skalkse glimlag genoem dat dit darem baie lank is. Maar die Here het hom, ra die diagnose, nog 20 jaar lank gespaar.

Hennie was geseënd om op 18 Julie 2011 sy 100ste verjaardag met familie en vriende in die aftree-oord, Altena, in die Strand te vier. Kort daarna begin sy longe ingee en hy sterf op 18 September 2011 – toe die oudste NG leraar in Suid-Afrika. Sy begrafnisdiens is in Altena gehou; ds Abrie Botha het ‘n trooswoord gelewer terwyl Kobus, Hennie se seun, die bedankings gedoen het. – Dr Gerdrie van der Merwe VDM