Die Berlynse sendelinge Neitz en Dietrich lê hierdie stasie in 1894 sowat 64 km suidwes van Morgenster aan. “Dit het egter geblyk erg ongesond te wees, en nadat eerw. Dietrich en sy twee kindertjies daar begrawe is, is die stasie vir ‘n geruime aantal jare alleen deur evangeliste beman.” In 1911 bied eerw. en mev. H. C. Hugo aan om daarheen te gaan (Bron: Cronje, J.M. 1981. Aan God die dank. p. 102).
UIt: Olivier P.L. 1952. Wie is wie in ons sendignvelde? p. 8-13
(Mededelings deur eerw. H. C. Hugo)
Eerw. Wedepohl van Pietersburg, van die Berlynse Sending, sou hom op Chibi gaan vestig, en het sy hutte reeds gebou waar die blanke assistente tans woon. Maar die leraar wat na Gutu gestuur is, het daar siek geword en gesterf, en Wedepohl is toe daarheen gestuur. Op Chibi het drie Duitsers agtergebly. Twee is terug na Transvaal, die een om te gaan trou en die ander om te gaan kuier. Oorlogsverwikkelinge (tussen die Regering en die naturelle) het hulle terugkeer belet. Dietrich en sy vrou en ‘n jong Afrikaner het agtergebly. Die jong Afrikaner was Hendrik Bezuidenhout. Hy het vreeslik gehakkel, maar hy kon later Duits vlot praat en skryf. Ek het hom geken. Hy en Dietrich het met behulp van enige Vavezha-Christene ‘n paalskool gebou, waarin Sondae dienste gehou is. In die skool was daar oor ‘n 100 kinders op die register, want die Vakaranga het destyds meestal op en om Nyanengwe gewoon. Dit was met die oog op veiligheid teen die Matabelie~aanvaIIe,
Hendrik en Dietrich het ook ‘n graanmeul gebou, wat deur osse getrek moes word. Die meul het ’n halfsak graan gemaal. Onder die kop het hulle ’n behoorlike woonhuis se klipfondament gele. Op die kop het hulle ‘n tydelike huis gebou, wat dr. Helm “The Death Trap” genoem het. Oorwerk, kragteloos deur malaria, het by bedags skoolgehou en gebou, en die aand die kop geklim en in die koue windjie voor die deur sy koppie koffie gedrink. Daarna het hy koue gevat, want hy was nat gesweet, en het toe boonop malaria gekry met komplikasies, met die gevolg dat die dood ingetree het en hy in die graf gele is. Dikwels was hulle ook papnat gereën voor hulle die huis op die heuwel bereik.
Mevrou het van die “kanniedoodstoel”-blomme om die huis en langs die paadjies geplant, met hoenders in hulle huislike behoeftes voorsien en haar krankes self versorg.
Die duisende naturelle op en om Nyanengwe met hulle bierdanse en afgodefeeste het mnr. Dietrich se geduld totaal uitgeput. So het by een aand daarheen gestap en die bierpotte omgeskop, en hulle belet om op sendinggrond so ‘n Iawaai te maak. Die kaptein het toe Dietrich se spoedige dood voorspel, want die geeste is beledig. Met sy laaste siekte kon geen blanke sendeling dit, as gevolg van die riviere, daarheen waag nie. Dr. Helm het dit toe maar deur reens en riviere gewaag orn die vrou tegemoet te snel. Net so teen sononder het die begrafnis plaasgevind. Die twee kinders le daar begrawe, en nou ook die man; en daar staan Mevrou self siek en verlate. As dr. Helm more teruggekeer na sy tuiste, bly sy en Bezuidenhout alleen agter. Sy het in trane, uitgebars en uitgeroep: ,,My God, neem tog nou ook maar my lewe.”
Nie lank daarna nie het die Duitse sendeling haar kom haal en na Duitsland gestuur, waar sy aangestel is as huismoeder vir sendingkinders.
Die Vakaranga en die Matabele: As gevolg van die strooptogte van die Matabele vanaf Bulawayo in Vukaranga, het die Vakaranga meestal op en om die koppe en berge gewoon. en hulle lande so na as moontlik aan die koppe gemaak, sodat, as die vyand onverwags opdaag, hulle toevlugsoord naby kan wees. Op die hoogste koppe was dan ook altyd wagte (naririre) uitgestel om nag en dag op die uitkyk te wees; sodra hulle gevaar bemerk, sein hulle met die tamboer van kop tot kop, om kennis te gee, en ook skreeu hulle so hard moontlik: “Madziti vei!” Dan moes elkeen met beeste, graan en drinkwater na die skuilplekke vlug. Die toegange was met muurtjies verskans; en daar agter le dan die skuts met ou sannas, gelaai met allerlei stukkies yster, ens. As die nood hoog is, help die “mamai” om die gewere te laai. Somtyds in hulle senuagtigheid laai hulle dit te vol. en dan skop die ou sanna soms die skut onderstebo, dikwels ook die tande uit die mond, soos die geval was met ou Targwirei, wat ek goed geken het.
Die vyand klim altyd hoer en hoer, en stop die skuilings vol bosse en steek dit aan die brand, sodat die vlamme en rook die ingesetenes verplig om oor te gee. Al die gevangenes word dan afgelei tot op die vlakte net onder die kop, en daar bewaak totdat almal oorgegee bet. Dan word hulle gesorteer. Al die jong mans wat buit kan dra, of help veg. word afgesonder; so gaan ook al die vroue en jong dogters saam wat as lasdraers en as vroue kan dien. Kindertjies wat nie sal kan byhou met stap nie en wat gedra sal moet word, word gedood. Heel kleintjies word aan die voetjies geneem en die kop teen ‘n klip of stomp vermorsel; ander word met die kop vasgehaak in die mik van ‘n boom, om daar le vergaan van ellende. ‘n Mens kan jou die gehuil en gekerm van kinders en moeders voorstel. Ouerige mans en vrouens bly op ‘n hoop staan, terwyl die soldate al rondom hulle dans en sing, en so nou en dan koes een onder die bondel in en steek met sy kort assegaai net wie by teëkom en net waar by iemand raak. Die doel is om sy kort assegaai tot oor die hef in die bloed van ‘n lewende mens te steek; dan word hy erken as vegsoldaat en is hy nie meer ‘n lasdraer nie. Die dans gaan voort totdat die laaste een geval het. Die jong klas wat saamgevoer en in die stam gegroepeer word, word met ‘n skerp voorwerp ‘n gal deur die oor gesteek. En wee die een wat wegloop en weer gevang word. Vir haar of hom is daar geen genade nie; hulle moet dadelik gedood word.
Die begin van die N.G. Kerk se werk daar: Ek meen dit is in 1906 wat ons Kerk daar oorgeneem hot. Ek onthou dat dr. Helm my vertel hot dat die Duitse broeders gesê het dat ander kerkgenootskappe meer wou betaal vir die oorname van die plase en geboue, ens. as wat die N.G. Kerk aangebied bet. Maar hulle antwoord was: ,,Ons is nie van plan om die siele van mense te verkoop aan die hoogste bieder nie. Ons wil die werk oormaak aan die wat ons meen die beste vir die siele sal sorg.”
Chibi is toe bearbei deur eerw. Klonus van Zimuto en later deur ds. Geo. Murray, en nog later deur ds. Harry Webb van Fort Victoria.
Evangelis Josef Mbowene van Chitanga is toe tydelik daarheen verplaas, totdat eerw. en rnev. Hugo daarheen gestuur is. Ek meen dit was op 11 Junie 1922. Twee steenrondawels is vir ons gebou en na vier of vyf jaar die teenswoordige huis.
Toe ons van Mbowene oorgeneem het, was daar ’n skooltjie van pale en klei, so tien by vyftien voet. Daar was vier \/akaranga, gedoopte Christene, maar hulle was meer heidens as Christelik. Dan was daar so ‘n twintig Vavezha-Christene wat die Berlyners van Transvaal saamgebring bet. Ook hulle het maar meestal almal onder sensuur gelewe. Skoolkinders was so dertig op die boek; bywoning van 12 tot 15 per dag. Ons vervoermiddels was ‘n oop karretjie, ‘n perd en pikkenien-rnuiltiie. Paaie was omtrent onrybaar. Hulle was eintlik voetpaaie wat rigting aanwys.
Met die Christene en katkisante het ons toe aan die werk gespring, stene gemaak en geld ingevorder en die teenswoordige sentrale geboutjie met behulp van die plaasbewoners, kinders, katkisante en Christene opgerig. Die Sendingraad het eerw. Enslin gestuur om die timmerasie op te sit. Dit het nie lank geduur nie, of die nuwe geboutjie was met doop en nagmaal so vol dat baie by die deur en vensters moes staan, en die leraar deur die agterste venster moes klim om by die Iessenaar te kom. Een aand, toe dit begin reën, was die gedrang na binne by die deur en venster so groot en die geraas en wanorde so geweldig, dat ons spoedig daarna besluit het om ‘n kerk te bou wat 1,000 mense, groot en klein,
sitplek kon verskaf, en met eie krag dit te bou. Die entoesiasme was baie groot; maar veel groter was teleurstelling toe ons verneem dat die AIg. Sending kommissie beslis weier om verlof toe te staan om te bou. Hulle redes was dat by oorlyde of verskuiwing die opvolger met ‘n onmoontlike vrag skuld gelaai sou word. Ons antwoord was, dat ons persoonlik geld het en dat ook ons dogter ‘n bedrag het van die AIg. Sending kommissie wat vir haar latere opvoeding gebruik moes word. Daarmee bou ons dan, en vir die orige sal die genadige, ryke en alwyse God sorg. Ons het dadelik alIe belangstellendes bymekaar geroep en die hele saak vir hulle blootgelê. Dit het dadelik ‘n geweldige terugslag veroorsaak. Ons hande was slap. Later is toestemming egter wel verkry.
Uiteindelik is die kerk dan voltooi en daarna het die werk geweldig uitgebrei. Die eerste naturelleleraar van die Mashonaland-Sending is deur die gemeente gelewer. Salina, wat sulke kostelike werk in Morgenster-hospitaal gedoen het, en haar moeder kom ook uit hierdie gemeente.
Ons moet nog een saak noem waar ons die AIg. Sendingkommissie en gevolglik die Raad teen ons gekry het; dit was die stigting van die skool vir blinde naturelle. Die Alg. Sendingkommissie het telkens ’n finansiële tekort gehad, en wou dus in geen omstandighede ‘n nuwe werk aanvaar nie. Die ondersteuners het daarteen geprotesteer. Maar hier was tog ‘n klein, maar gewigtige uitsondering. Dit was ‘n jaar van groot
graanskaarste en ‘n kraalhoof, Chidza, het ‘n blinde seun gehad, en die moeder van die seun gee bevel dat die kind verdrink moet word in die Tokwe-rivier, wat daar naby verbyvloei. Dit is tog nutteloos om die voedsel te vermors om blindes te voed! Ons het gevoel dat ons dit tog nie kon toelaat nie. En wat van al die ander blindes in Suid-Rhodesië? Niemand sorg vir hulle siel of Liggaam nie. Wat nou gedaan? Die Alg. Sending kommissie wil dit in geen omstandighede toelaat nie. Ons voel egter ons moet die saak aanpak. Mev. Hugo moes toe per brief vanaf Worcester onderrig word hoe om met ‘n blinde kind te begin, ens. en moes sy ook die nodige apparaat vandaar kry. Later het sy self ook veertien dae ‘n besoek by die inrigting te Worcester afgelê.
Die skooltjie met een student het uitgebrei en so het die koste ook uitgebrei. ‘n Skoolkamer was nodig en kos, klere, komberse, boeke, skoolbanke, ens. Later het die regering ingetree en gehelp, en vandag staan daar gerieflike geboue op ‘n geriefliker stasie, nl. Copota, en daar is ongeveer ‘n 100 studente. Die skooltjie het so beroemd geword oor die hele Rhodesië, dat die regering die grootmoedigheid gehad het om die prinsipale vir 15 maande oorsee te stuur en alle onkoste te dra. Die Here het voorsien! ‘n Paar honderd het al deur die inrigting gegaan en van die wat reeds weg of wat nog daar is, het meeste die Here Jesus Christus daar as hulle Saligmaker gevind, tot hulle ewige heil.
Van alIe seën wat op die Chibi-sendingwerk gerus het, is veel te danke aan die getroue medewerkers(sters) en aan die getroue voorbidding van die vriende in die Unie, veral van die gemeente Fraserburg.