Gebore
17 Jul. 1930
OORLEDE
19 Jul. 2009
UNIVERSITEIT
BA, BTh
gelegitimeer
1965
ORDEN
1966
STANDPLASE
1966 Nigel
1967 Nigel-Suid
1973 Theunissen
EMIRITEER
1993
Andries Willem Celliers is op 17 Julie 1930 in die distrik Stella naby Vryburg in die Noord-Kaap gebore. Hy was die seun van PetrusJohannes Celliers en Heila Lavina Swart, twee godvresende ouers. Awie het sy skoolopleiding op Stella ondergaan. Sy grootouers en ouers was boere en toe hy agtien jaar oud was, het sy ouers die plaas verlaat en hier baanbrekerswerk gedoen. In 2001 het hy en Marie na Kestell in die Oos-Vrystaat verhuis, waar hy sy kragte ingespan het om arm mense te bemagtig om hulleself te help deur die stigting van funksionerende wykskomitees. Ds. Eddie het geglo armes se rykdom moet ontgin word, en hiervoor het hy ‘n organisasie genaamd Pela Nambo (“steek die rivier oor” in Tsonga) gestig. Die kloof tussen ryk en arm moet oorbrug word, die rivier tussen formele (kapitalistiese) ekonomie en informele (oorlewing ekonomie moet oorgesteek word. Hy het beleef hoe ‘n sterk gemotiveerde groep mense hieraan gestalte begin gee het.
Enkele weke nadat ds. Eddie en Marie Bruwer na Pretoria verhuis het, het hy onverwags siek geword. Op 27 Desember 2008 is hy aan ‘n bloeiende maagseer oorlede. Sy begrafnisdiens was op Oujaarsdag in die NG Gemeente Waterkloof in Pretoria en sy as is in ‘n gedenkmuur by die NG Kerkgebou Pretoria-Oos geplaas.
Prof Dons Kritzinger skryf oor hierdie wyse man: “Ds. Eddie Bruwer het ‘n lewe van diens geleef, aan sy God en sy naaste. Dit was gepas dat die leidende gedagte van sy laaste projek di van die brug was, want hy was steeds ‘n brug figuur. En kenmerkend van ‘n brug is dat daarop getrap word. Hy kon egter nooit die armes en verdruktes vergeet nie, maar het alles in werking gestel dat hulle ook ‘n volwaardige plek in die samelewing kan beklee. Dat hulle sy bemoeienis ook verstaan het, was duidelik die dag van sy begrafnis toe mense van heinde en ver hulle laaste eer kom bewys het.” (Jaarboek 2010/389).