Carstens, Alewyn Jacobus Nicolaas

 

Gebore

09 Mrt. 1936

OORLEDE

16 Aug. 2009

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1960

ORDEN

1961

STANDPLASE

1961 Neilersdrif

1966 Sishen

1970 Warrenton

1985 Kakamas

EMIRITEER

1999

Alewyn JacobusNicolaas Carstens is op 9 Maart 1936 op Matroosfontein in die distrik Bellville gebore. Sy vader was George PetrusCarstens, verbonde aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens, en sy moeder Sarah Christina Wiggens, voor haar huwelik ‘n verpleegkundige. Alec het sy skoolopleiding in 1942 aan die Laerskool Heidelberg (KP) begin en in 1953 aan die Hoërskool Swellendam gematrikuleer. Alec was van kleins af baie lief vir lees en het getrou sy skoolwerk gedoen. Hy het toe reeds intens belanggestel in mense en kon ure luister na die stories van die grootmense van sy familie en sy dorp.

Oor sy roeping tot die bediening skryf sy seun, ds. Heinrich Carstens: “Pa het reeds vroeg in sy lewe ervaar en beleef dat God hom op ‘n besondere manier roep om predikant te word en die evangelie van JesusChristusmet ander te deel.” ‘n Weldoener het geld voorsien en die jong Alec het die graad BA (Admissie) op Stellenbosch gestudeer en vakansies in die Koöperasie op Swellendam gewerk om ekstra geld te verdien. Aan die begin van 1957 het hy aan die Teologiese Seminarium in die Eikestad begin studeer en aan die einde van 1960 is hy as proponent gelegitimeer.

Proponent Alec het tydelik in die NG Gemeente Port-Elizabeth uitgehelp, totdat hy op 4 Maart 1961 met handoplegging ontvang en bevestig is in die NG Gemeente Neilersdrif aan die Grootrivier naby Upington. Ds. Gert Rothman van Kenhardt het die rede gelewer. Hier het Alec goeie werk gedoen en ‘n dreigende en na Pretoria getrek. Awie het as ‘n klerk by die Spoorweë begin werk en later by die administratiewe afdeling van die Universiteit van Pretoria ‘n pos aanvaar.

In die tyd het hy die roeping ontvang om predikant te word en hy het ‘n BA-graad verwerf. In die laaste twee jaar van sy studies het hy ook by die Trans-Oranje Skool vir Dowes in Pretoria gewerk. Awie is op 10 Januarie 1959 met Anna Marie Miller getroud, en uit die huwelik is twee dogters gebore: Leonie en Anita.

In 1962 het Awie en Marie Celliers na Stellenbosch vertrek, waar hy student aan die Teologiese Seminarium geword het en op 2 Desember 1965 as proponent gelegitimeer is. Hy is na die NG Gemeente Nigel beroep, waar hy op 4 Februarie 1966 met handoplegging ontvang en bevestig is. Na twee j aar het die gemeente uit sy nate gebars en die NG Gemeente Nigel-Suid is afgestig, waarna hy op 19 Desember 1967 as eerste leraar van die gemeente bevestig is en gehelp het om ‘n kerkgebou op te rig. Op 15 September 1973 het hy leraar van die NG Gemeente Theunissen in die Vrystaat geword.

Op Theunissen het die leraarspaar tot met die aanvaarding van sy emeritaat op 31 Januarie 1993 gewerk, waarna hulle in Langenhovenpark in Bloemfontein gaan woon het. Awie is hier oorlede op 19 Julie 2009. Sy begrafnisdiens is op 23 Julie 2009 deur ds. Reuben van Rensburg waargeneem.

Ds. Awie Celliers het gelewe vir sy werk. Sy liefde en belangstelling vir mense het gesorg dat hy mense aangeraak het. Hy het sy gemeentelede op die punte van sy vingers geken en het nooit name en gesigte vergeet nie. Ds. Attie Louw, sy medeleraar in Nigel, het in ‘n huldeblyk getuig dat die saamwerk met hom ‘n groot fees was. Hy was ‘n gesinsman wat hom nie besig gehou het met onbenullighede nie. (Jaarboek 2010/388).