Buys, Stephanus Bernardus

Ds SB Buys

Gebore

23 Sept. 1908

OORLEDE

12 Jan. 1962

UNIVERSITEIT

US

gelegitimeer

1933

ORDEN

1935

STANDPLASE

Namakwaland (Hpr.)

1935 Niekerkshoop

1943 Kimberley

1948 Prins Albert

EMIRITEER

Ds. Stephanus Bernardus Buys is op 23 September 1908 gebore. Na sy legitimasie op Stellenbosch in 1933, is hy deur die Armesorgkommissie gevra om onder die nedersetters op Vioolsdrif te gaan arbei. In 1935 is hy as hulpprediker van Namakwaland georden. Hy het agtereenvolgens die gemeentes Niekerkshoop, Kimberley en Prins Albert met groot toewyding en seën bedien. Hy het hom baie beywer vir die opvoeding, die sending en hospitaalwese. Op 12 Januarie 1962 is hy na ‘n lang lyding oorlede in die ouderdom van 53 jaar. (Jaarboek 1963).