Gebore
3 Mrt. 1911
OORLEDE
30 Nov. 1971
UNIVERSITEIT
US
gelegitimeer
1936
ORDEN
1939
STANDPLASE
1939 Paulpietersburg
1941 Veldprediker
1947 Voortrekkerhoogte
1966 Warmbad
EMIRITEER
1966
Ds. Schalk Willem Burger is op 3 Maart 1911 gebore en einde 1936 tot die bediening toegelaat. Op Stellenbosch onderskei hy hom as ‘n besonder begaafde student. Sy hantering van die ou tale was ‘n lus om te beleef! Sy vrugbare bediening begin in 1939 in Paulpietersburg. In 1941 word hy veldprediker en daarna bedien hy die Suid-Afrikaanse troepe in Noord-Afrika, waar hy saam met ‘n groot aantal van hulle gevang en as krygsgevangene na Europa gestuur word, In die kamp speel hy ‘n groot rol in die bevordering van die moreel van die manne. Na die oorlog word hy in 1947 veldprediker op Voortrekkerhoogte en leraar van die gemeente aldaar. Hy tree ook vir ‘n hele aantal jare as Hoof veldprediker (N.G.K.) op. Toe hy in 1966 met pensioen uit die militêre diens tree, neem hy ‘n beroep na Warmbad, S.W.A. aan, maar die volgende jaar word sy jare lange ideaal om in die Sending te staan, verwesenlik toe hy na die Bantoe-gemeente Burger op Maandagshoek in Sekoekoenieland gaan. Daar werk hy met blymoedigheid en seën, totdat ‘n ernstige krankheid en sy heengaan op 30 November 1971 ‘n einde aan sy vrugbare dienstyd hier op aarde maak. (Jaarboek 1973/464)