
Gebore
25 Jul. 1927
OORLEDE
22 Des. 1983
UNIVERSITEIT
US
gelegitimeer
1951
ORDEN
1952
STANDPLASE
1952 Outjo
1954 Welwitschia
1957 Walvisbaai
1959 Jacobsdal
1964 Bloemfontein-Oos
7 Feb. 1969 Swellendam
1970 Swellendam-Wes
1977 Dordrecht
1983 Smithfield
EMIRITEER
–
Ds. Johannes Matthys (Thys) Burger (25 Jul. 1927-22 Des. 1983) is weens hartversaking onverwags oorlede op Smithfield waar hy slegs elf maande leraar was en waar hy op Kersdag op die kerkterrein ter ruste gelê is. Na die voltooiing van sy studie op Stellenbosch, word hy in 1951 tot die bediening toegelaat. Op 6 Des. 1952 volg sy bevestiging in Outjo en voordat hy in 1959 na die Vrystaatse gemeente Jacobsdal gaan, bedien hy ook die gemeentes Welwitschia (1954) waarvan hy die eerste predikant was en Walvisbaai (1957) in Suidwes-Afrika. Daarna geniet nog ‘n Vrystaatse gemeente, Bloemfontein-Oos (1964); die voordeel van sy bediening, totdat hy in 1969 na Swellendam in Suid-Kaapland vertrek. In Swellendam-Wes wat nog dieselfde jaar van die ou moedergemeente afstig, kry hy van 1970 af die geleentheid om sowat sewe jaar lank ‘n nuwe gemeente met sy eerste treë te help. Vanaf 1977 staan hy in die Oos-Kaaplandse gemeente Dordrecht en in Januarie 1983 keer hy terug Vrystaat toe. Van hom is gesê dat hy ‘n toegewyde leraar was wat groot erns met sy roeping gemaak het. (Jaarboek 1985).