Burger, Johannes David Prins

 

Gebore

29 Mrt 1909

OORLEDE

30 Sept. 1948

UNIVERSITEIT

MA (US)

gelegitimeer

1937

ORDEN

1938

STANDPLASE

Tiervlei

1943 Nuwerus

1946 Vanrhynsdorp

EMIRITEER

Ds. Johannes David Prins Burger is in die distrik Clanwilliam op 29 Maart 1909 gebore. Aan die Universiteit van Stellenbosch het hy sy M.A.-graad verwerf en na sy teologiese kursus aan die Kweekskool is hy aan die einde van 1937 gelegitimeer. Hy het as hulpleraar in die gemeente Parow begin werk en toe Tiervlei afgestig is, is hy daarheen beroep. In sy eerste gemeente was hy werksaam tot 1943 toe hy na Nuwerus vertrek het waar hy gebly het tot 1946 toe hy ‘n broep na Vanrhynsdorp aangeneem het. Vir hom was nie ‘n lang bediening gegun nie, maar hy laat onuitwisbare spore na, want alles wat hy gedoen het, is verrig met toegewyde getrouheid en besliste presiesheid. Hy het hom so gewy aan die saak van die Here dat die gemeentes wat hy bedien het, opgewek is tot erns en toewyding. Sy prediking het getuig van oortuiging en gloed, wat by sy hoorders moes insIaan. Hy was op studieverlof om hom vir sy doktorsgraad voor te berei toe hy onverwags op 30 September 1948 oorlede is. (Jaarboek 1949).