Burger, Jacobus Gideon Coenraad

 

Gebore

8 Jul. 1883

OORLEDE

19 Jan. 1958

UNIVERSITEIT

US

gelegitimeer

1920

ORDEN

1921

STANDPLASE

1921 Nuwerus

1930 Keimoes

EMIRITEER

1946

Ds. Jacobus Gideon Coenraad Burger is op 8 Julie 1883 gebore. Nadat hy etlike jare onderwys gegee het, is hy na die Kweekskool op Stellenbosch, waar hy in 1920 gelegitimeer is. Sy eerste gemeente was Nuwerus. In 1930 het hy ‘n beroep na Keimoes aangeneem, waar hy sestien jaar lank geseënde arbeid verrig het as die beminlike en geliefde leraar, van wie selfs die onverskilligste mens moes getuig dat hy waarlik ‘n Christen was.” In 1946 het hy sy emeritaat aanvaar. Hy is op 19 Januarie 1958 oorlede. (Jaarboek 1959).